Die kategorieë se pryse styg in April 

Volgens die Namibiese Verbuikersprys-indek vir April is die hoogste verandering in die jaarlike inflasiekoers gesien in die kategorieë vervoer met ‘n styging van 18,9 persent; hotelle, kafees en restaurante met 9,3 persent; meubels, huishoudelike toerusting en roetine-onderhoud vir huise met 7,7 persent, voedsel en nie-alkoholiese drankies met 5,7 persent en alkohol en tabak het met 4,5 persent in April toegeneem.