Pres. Geingob hou môre Covid-vergadering

Namibiese President Hage Geingob hou môreoggend om tienuur die 43ste Covid-vergadering by Staatshuis in Windhoek waartydens moontlike veranderinge aan Covid-regulasies aangekondig kan word. Die jongste positiewe koers van Covid-19 staan op 17,2 persent, met 867 aktiewe gevalle waarvan 32 pasiënte in hospitale is en agt in intensiewesorgeenhede.