Geen bykomende fondse vir behuising vir vloedskade in KZN

Die DA sê amptenare van die nasionale departement van menslike nedersettings het aan die portefeuljekomitee in die parlement bevestig dat daar afgesien van bestaande jaarlikse toelaes geen bykomende fondse aan KwaZulu-Natal bewillig sal word vir behuising weens vloedskade nie. Emma Louise Powell van die DA sê meer as 14 000 wonings is beskadig en vernietig tydens verlede maand se vloede.