Ouers verkoop skool-aansoekvorms op die straat
Chaos het by verskeie laerskole ontstaan met ouers wat tans kan aansoek doen vir plekke by skole regoor die land. Pionierspark Laerskool in die hoofstad bly uiters gewild en vanoggend by Orban Laerskool, is persone opgemerk waar hulle aansoekvorms vir Pionierspark Laerskool aan ouers in die ry, verkoop het. Die adjunk-uitvoerende direkteur by die onderwysministerie […]
Ondersoek geloods na Walvis-treinongeluk
‘n Ondersoek is geloods na nóg ‘n TransNamib-treinongeluk gisteraand in Walvisbaai. Twee lokomotiewe het ontspoor met een wat tot stilstand in Vyfdelaan gekom het. Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, het die jongste…
Maties se vaders sal vergader oor insident
‘Versoenings’-gesprekke word beplan tussen die twee families wat vasgevang is in die Universiteit Stellenbosch se beweerde rassisme voorval waar ‘n wit student op ‘n swart student se besittings geürineer het. Die twee vaders, Rudi du Toit en Mkuseli Kaduka het die ontmoeting aan media bevestig. Volgens Du Toit, ’n wynboer van Worcester, moet daar ‘n gesprek wees. ’n […]
SAPS in Noord-Kaap reeds twee jaar leierloos
Die DA in die Noord-Kaap is steeds diep bekommerd oor die vertraging in die aanstelling van ‘n provinsiale polisiekommissaris, ten spyte van premier Zamani Saul se vorige belofte dat gesprekke plaasvind om die proses te bespoedig. Die DA-lid, Ofentse Mokae, sê die voormalige provinsiale polisiekommissaris, Risimati Shivuri, het byna twee jaar gelede uitgetree en die […]
SPYL gekant teen NEFF-optrede
Die Swapo-jeugliga is gekant teen die arbeidsonrus wat op die oomblik in die land ervaar word. Kenners meen jeugarmoede is die hoofoorsaak daarvan. Daar word beraam dat jeugwerkloosheid die jaar 49 persent in die land kan bereik maar, terwyl daar uitdagings is, meen die jeugliga dat vrede nie in gedrang geplaas moet word in die […]
Pluimveeboere kry nie marktoegang nie
The Harambee-welvaartsplan is deur President Hage Geingob as ‘n ekonomiese instrument vir ekonomiese ontwikkeling in die land bekend gestel. Nie een enkele sektor moet uitgesluit word nie. Die Namibiese pluimveebedryf vorm deel hiervan en die vra is hoe doeltreffend het die welvaartsplan die sektor beïnvloed. Tydens ‘n bespreking van die inligtingsministerie, was marktoegang en hulp […]
Sjanghai sien lig aan die einde van die tonnel
Daar is hoop vir ‘n einde aan die inperkings in Sjanghai. Inwoners in sommige distrikte is ‘n pas gegee om vir 40 minute winkel toe te gaan. Inwoners is aangeraai om te stap of met ‘n fiets te ry en aangesê om twee meter van mekaar af by die ingang te staan. In nog ‘n […]
Naamverandering kom dalk vir Taalmonument en -museum
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het besluit om met ‘n raadplegingsproses te begin om die moontlikheid van ‘n naamsverandering te bespreek. Die museum sê die eerste stap is om volgende Donderdag en Vrydag ‘n strategiese beplanningsessie met raadslede te hou. Dit word Saterdag opgevolg met ‘n openbare vergadering in die Paarl in die Wes-Kaap. Die museum sê […]
Toerisme: Mark keer terug na normaal
Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië is die toerismesektor besig om na normaal terug te keer. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, sê die algemene nasionale kamerbesetting in April was meer as 36,5 persent, in vergelyking met die 27 persent in April verlede jaar en die skamele 1,3 persent in April 2020, die maand […]
Proses oor R22m se vlagmonument moet hersien word – minister
Die Suid-Afrikaanse minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, het sy departement opdrag gegee om die proses oor die vlagmonument van 22 miljoen Suid-Afrikaanse rand in sy geheel te hersien. Die vlag word vir Vryheidspark in Tshwane beplan. Mthethwa sê hy het die afgelope paar dae die publiek se menings oor die beplande vlagmonument fyn dopgehou. Hy sê die uiteenlopende […]