Toerisme: Mark keer terug na normaal

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië is die toerismesektor besig om na normaal terug te keer. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, sê die algemene nasionale kamerbesetting in April was meer as 36,5 persent, in vergelyking met die 27 persent in April verlede jaar en die skamele 1,3 persent in April 2020, die maand wat Namibië in ten volle ingeperk is. Paetzold gesels met Kosmos 94.1 Nuus.