Maties se vaders sal vergader oor insident

‘Versoenings’-gesprekke word beplan tussen die twee families wat vasgevang is in die Universiteit Stellenbosch se beweerde rassisme voorval waar ‘n wit student op ‘n swart student se besittings geürineer het. Die twee vaders, Rudi du Toit en Mkuseli Kaduka het die ontmoeting aan media bevestig. Volgens Du Toit, ’n wynboer van Worcester, moet daar ‘n gesprek wees. ’n Datum en plek is nog nie vasgestel nie, maar Du Toit senior sê hy en sy seun Theuns stem saam dat ‘n ontmoeting noodsaaklik is.