Bulle klop Ospreys in Swansea
Rugby: Cornal Hendricks het gisteraand ‘n driekuns in Swansea, Wallis, behaal waar die Bulle die Ospreys met 38-31 geklop het. Die bonuspunt-oorwinning vir die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap beteken hulle is nou voor die Haaie op die punteleer. Die Durbaniete het gister met 24-21 teen Ulster in Belfast die spit afgebyt. Die uitslag beteken […]
Werkers van Shoprite Namibië gaan kontantbonusse ontvang
Werknemers van Shoprite Namibië sal ook voordeel trek uit Shoprite in Suid-Afrika se groot swart ekonomiese bemagtings-ooreenkoms. Volgens berigte uit die buurland sal 16 000 werknemers van die maatskappy, wat nie in Suid-Afrika is nie, kontantbonusse ontvang. Die Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê dis uitstekende nuus, veral in die huidige ekonomiese omstandighede.
Eskom verleng beurtkrag-ure oor die naweek
Eskom het aangekondig fase-2-beurtkrag sal van agtuur in die oggend tot tienuur in die aand vandag en môre verleng word om dieselvoorrade te behou. Die kragverskaffer verwag ‘n skip met dieselvoorrade sal Maandag aankom en sy vrag tot Dinsdag aflaai. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê as hulle nie beurtkrag verskerp het nie, kon dieselvoorrade vroeg volgende week uitgeput gewees het.
Versamelaar betaal miljarde vir waardevolste motor
‘n Mercedes-Benz 1955-model, wat al beskryf is as die waardevolste motor ter wêreld, is op ‘n veiling in Duitsland verkoop vir ‘n rekordprys van meer as twee miljard Namibiese dollar. Die motor is een van twee uiters skaars oorspronklike 300 SLR Uhlenhaut Coupes van die Mercedes-Benz Classic Collection en is aan ‘n privaat versamelaar verkoop. Die opbrengs van die veiling sal […]
Orlando Pirates verloor teen Marokkane in CAF-eindstryd
Sokker: Orlando Pirates se hoop om die CAF-Konfederasiebeker-titel in te palm is daarmee heen nadat die Marokkaanse klub RS Berkane hulle gisteraand in Uyo, Nigerië, in die eindstryd geklop het. Die wedstryd was na 90 minute se speeltyd steeds sonder telling. Thembinkosi Lorch het die gelykmaker vir die Buccaneers aangeteken, maar hy het in die strafdoelstryd die doelhok gemis. RS Berkane was foutloos in […]
Copps 94.1: Babasterfte, geslagsgeweld aangemeld
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug in die hoofstad met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Oor Vrydagaand se program sluit ons aan by Francois Lottering wat op grondvlak was.
Radebe: ANC-regering moet SA ekonomie regruk
Die ANC se hoof van beleid, Jeff Radebe, sê as die regerende party nie Suid-Afrika se ekonomiese probleme kan oplos nie, lê daar baie moeilike tye vir die land voor. Radebe het die ANC se besprekingsdokumente van stapel gestuur in die aanloop tot die party se beleidskonferensie in Julie. Kwessies wat op die konferensie ontleed […]
Rusland gaan militêre basisse in weste skep
Rusland sal nuwe militêre basisse in die westelike deel van die land skep, in wat die minister van verdediging, Sergei Shoigu, beskryf as voldoende teenmaatreëls teen Finland en Swede se poging om by Navo aan te sluit. Volgens Shoigu is die twee Nordiese lande se poging een van verskeie militêre bedreigings langs Rusland se noordwestelike […]
Blitsbokke wen Spanje ná skoknederlaag teen Iere
Rugby: Die Springbok-Sewes het hulle skokkende nederlaag teen Ierland by die Franse Sewestoernooi in Toulouse opgevolg met ‘n oorwinning oor Spanje. Die Blitsbokke het met 21-12 in hulle openingswedstryd teen Ierland die spit afgebyt. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Wêreld Sewes-rugby-reeks dat Ierland Suid-Afrika kon klop. Die Bokke se telling […]
Ses vermeende beesdiewe kry borg
Die ses vermeende beesdiewe van Hochfeld is op borgtog vrygelaat. Die hoofbeskuldigde Albert Tjihero is in die Okahandja-landdroshof borgtog van 5 000 Namibiese dollar deur landdros landdros Selma Nakwaya toegestaan. Sy seun Kevin Tjihero, asook vier plaaswerkers – Joel Katjivi, Ruben Ndatowela, Katunohange Karitjindua en Jeremia Helao, het borgtog van 3 000 dollar betaal. Die […]