Bulle klop Ospreys in Swansea

Rugby: Cornal Hendricks het gisteraand ‘n driekuns in Swansea, Wallis, behaal waar die Bulle die Ospreys met 38-31 geklop het. Die bonuspunt-oorwinning vir die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap beteken hulle is nou voor die Haaie op die punteleer. Die Durbaniete het gister met 24-21 teen Ulster in Belfast die spit afgebyt. Die uitslag beteken hulle sal moontlik oor twee weke in ‘n weg-kwarteindstryd moet speel. In vanmiddag se twee wedstryde in Wallis kom die Leeus teen die Dragons te staan en die Stormers pak die Scarlets.