Blitsbokke wen Spanje ná skoknederlaag teen Iere

Rugby: Die Springbok-Sewes het hulle skokkende nederlaag teen Ierland by die Franse Sewestoernooi in Toulouse opgevolg met ‘n oorwinning oor Spanje. Die Blitsbokke het met 21-12 in hulle openingswedstryd teen Ierland die spit afgebyt. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Wêreld Sewes-rugby-reeks dat Ierland Suid-Afrika kon klop. Die Bokke se telling teen Spanje was 22-7. Suid-Afrika kom later vandag in hulle laaste groepwedstryd teen Samoa te staan.