Werkers van Shoprite Namibië gaan kontantbonusse ontvang

Werknemers van Shoprite Namibië sal ook voordeel trek uit Shoprite in Suid-Afrika se groot swart ekonomiese bemagtings-ooreenkoms. Volgens berigte uit die buurland sal 16 000 werknemers van die maatskappy, wat nie in Suid-Afrika is nie, kontantbonusse ontvang. Die Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê dis uitstekende nuus, veral in die huidige ekonomiese omstandighede.