Landwye staking by SA Inkomstediens duur voort

‘n Landwye staking by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word vandag voortgesit. Werkers wat aan die Nasionale Onderwys-, Gesondheid- en Verwante Werkersvakbond en die Vereniging van Staatsamptenare behoort, eis ‘n loonverhoging van sewe-persent. Die belastingagentskap het oorspronklik geen verhoging aangebied nie, terwyl werkers 12-persent geëis het. Die inkomstediens het intussen 1,4-persent aangebied, en die werkers het hulle […]

Read More

Biden sê ná skoolskietery wapenwette moet in VSA verander

Amerikaners moet opstaan en lede van die Kongres druk om sinvolle wapenwette deur te voer, het die Amerikaanse President Joe Biden gesê ná die moord op minstens 19 kinders en twee onderwysers in ‘n Texas-skoolskietery. ‘n Demokratiese senator van Connecticut, Chris Murphy, het ook sy kollegas gesmeek om wetgewing oor wapenbeheer deur te voer. Die […]

Read More

Djokovic, Nadal beur voort in Franse Ope

Tennis: Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic van Serwië, beur voort om sy Franse Ope-titel te beskerm wanneer hy vandag in ‘n tweede ronde teen Alex Molcan te staan kom. Die Slowaak word afgerig deur Marian Vajda, wat 15 jaar met Djokovic gewerk het voordat die twee hul vennootskap ná verlede jaar se ATP-eindronde […]

Read More

Tema vir Afrika-dag is voedselsekuriteit

Namibië vier saam met ander Afrika-lande vandag Afrika-dag. Die tema vir Afrika-dag vanjaar is “Voeding en Voedselsekuriteit op die Afrika-vasteland”. Die tema is belangrik in die lig van die Covid-pandemie wat Afrika-lande se ekonomiese weerloosheid vererger het, veral in terme van voedselsekuriteit onder die armes en weerloses. Namibiese President Hage Geingob sê in sy mediaverklaring […]

Read More

EFF betoon vandag by Franse ambassade in Pretoria

Die Economic Freedom Fighters, die EFF, sal vanoggend vanaf 10-uur die strate in Pretoria invaar om die onttrekking van Frankryk aan die vasteland te eis. Die EFF sal voor die Franse ambassade betoog en eis “dat die voormalige koloniale mag ophou om in Afrika se sake in te meng.” ‘n Kenner oor Afrika-aangeleenthede, advokaat Sipho […]

Read More

Peuter bestel 31 burgers met toep

‘n Peuter het bewys die bestel van kitskos deur middel van ‘n toep is kinderspeletjies toe hy 31 kitskos-burgers bestel en by sy ma se huis laat aflewer het. Die tweejarige Barrett Golden van Texas in Amerika het boonop ‘n stewige fooitjie van 16 Amerikaanse dollar aan die afleweraar gegee, wat die totaal vir die […]

Read More

Suid-Afrikaner swem 100 keer van Robben-eiland na Blouberg

‘n Suid-Afrikaanse man het geskiedenis gemaak toe hy die vierde persoon in die wêreld geword het wat 100 keer van Robben-eiland tot in Bloubergstrand kon swem. Howard Warrington het met hierdie prestasie meer as 120 000 Suid-Afrikaanse rand ingesamel vir die Kaap van Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging. Hy sê die temperatuur, wind, strome en ander faktore, […]

Read More

Manwu: Mutorwa kom sy belofte na deur padprojek te betaal

Die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië, Manwu, het bevestig dat die Namibies minister van werke, John Mutorwa, sy belofte nagekom het deur seker te maak dat die Okahandja-Windhoek-padprojek vir sy uitstaande betalingssertifikate betaal word. Dit beteken salarisbetalings vir die konstruksiewerkers wat vir vier maande nie salarisse ontvang het nie. Die werkers het verlede week […]

Read More

Ramaphosa en Duitse bondskanselier bespreek oorlog in Oekraïne

Die oorlog in die Oekraïne was ‘n groot besprekingspunt toe Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa die Duitse bondskanselier, Olaf Scholz, by die Uniegebou ontvang het. Ramaphosa het sy regering se standpunt verdedig en verduidelik waarom Suid-Afrika buite stemming gebly het in ‘n resolusie van die Verenigde Nasies oor Rusland. Scholz was onwrikbaar daaroor dat dit ‘n […]

Read More

Tedros vir tweede termyn as WGO se direkteur-generaal verkies

Tedros Adhanom Ghebreyesus sê hy is geëerd om vir ‘n tweede termyn as die Wêreld-gesondheidsorganisasie se direkteur-generaal te dien. Sy herverkiesing is tydens die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, Switserland, bevestig. Ghebreyesus sê hy is innig dankbaar vir lidlande se vertroue in hom. Gedurende sy eerste termyn het hy die WGO se reaksie op die Covid-pandemie, […]

Read More