50 000 mense woon Upfest in Bristol by
Sowat 50 000 mense het die naweek Europa se grootste graffiti-fees bygewoon. Upfest het vanjaar sy 15de jaar in Bristol, Engeland, gevier, met 300 kunstenaars wat tydens die fees kunswerke geskep het, musiek, kraampies en bedrywighede. Die feesdirekteur, Steve Hayles, sê Upfest het by die Tabacco Factory afgeskop met sowat 40 kunstenaars en 40 besoekers. […]
Sportminister: FIFA Normaliseringskomitee moet geldsake ondersoek
Namibiese sokkerliefhebbers was geskok toe die FIFA Normaliseringskomitee van die Namibiese Sokkervereniging die Brave Warriors weens finansiële beperkings aan die Afrika Nasies-kampioenskap, CHAN, onttrek het, maar die sportminister sê die normaliseringskomitee moet hul werk doen. Die kwalifiserende wedstryde vir dié toernooi skop in Julie af. Met die onsekere stand van die NFA se geldsake het […]
Niemand in brand by Steve Biko-hospitaal beseer
Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig ‘n brand het vroeg vanoggend in die Steve Biko-akademiese hospitaal in Tshwane uitgebreek. Die brand, wat tydelike strukture by die gerief geraak het, is geblus deur die hospitaalspan wat die brandblussers in die gebou gebruik het. Die woordvoerder van die departement, Kwara Kekana, sê geen pasiënt of personeellid […]
Namibiese brandstofpryse styg op 1 Junie
Die Namibiese ministerie van myne en energie het pas aangekondig dat Namibiese brandstofpryse vir Junie sal styg. Petrolpryse styg met 2,50 per liter styg en diesel met 1,50 per liter. Die brandstofheffing is van toepassing vanaf Woensdag 1 Junie. Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, is aan die woord.
Vermeende parlement-brandstigter se borgtogverhoor vandag aangehoor
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal betoë aanhoor in die borgtogaansoek van Zandile Mafe wat beskuldig word dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het. Hy staar aanklagte van huisbraak met die doel om terrorisme en brandstigting te pleeg, diefstal asook twee aparte aanklagte van brandstigting en terrorisme in die gesig. Mafe het appelleer teen die […]
Openbare deelname goedgekeur vir behuisingsprojekte in Kaapstad
Die Stad Kaapstad se raad het goedkeuring gegee vir die openbare-deelnameproses oor die oprigting van meer as 700 behuisingseenhede in die stad se sentrale gebied. Die stad se woordvoerder, Malusi Booi, sê al die voorgestelde grond in Nuwemarkstraat in sentraal-Kaapstad sluit sowat 365 eenhede vir die gemengde mark en 165 maatskaplike behuisingseenhede in. Hy sê […]
Red Bull se Formula 1-renjaers nie aangekla ná Monaco Grand Prix
Motorsport: Red Bull se Formule Een-renjaers, Max Verstappen en Sergio Perez, is nie ná die Monaco Grand Prix gestraf nie. Ferrari het protes aangeteken en die twee jaers daarvan beskuldig dat hulle reëls verbreek het. Perez en Verstappen is daarvan beskuldig dat hulle die geel streep oorgesteek het toe hulle in die 23ste ronde die […]
Stad Kaapstad: Plesierbootbedryf kan nóg groei
Die Stad Kaapstad sê die plesierbootbedryf kan nog meer groei en groot ekonomiese voordeel vir die stad en sy mense inhou. Altesaam 104 besoeke deur skepe, waaronder 26 plesierbote met meer as 195 000 besoekers, sal na verwagting in die komende 2022/2023-seisoen, vanaf Oktober, in Kaapstad se hawe aandoen. James Vos van die stad sê […]
Kwessie oor onwettige inwoners in Gam ontlont
Die Otjozondjupa-streeksleierskap moes oor die naweek ter elfder uur ingryp om ‘n byna-katastrofiese situasie te voorkom by die Gam-nedersetting in die noordooste van die streek. Inwoners van die stil nedersetting het verlede week met winkeleienaars en ander sakelui gebots. Die situasie spruit glo uit die onwettige vestiging van Aawambo in die omgewing. Die meerder Ovaherero-inwoners […]
Transnet wil openbare vertroue herstel
Transnet se voorsitter, Popo Molefe, sê hulle werk daaraan om openbare vertroue in die staatsbeheerde entiteit te herstel. Dit volg op die inhegtenisneming verlede Vrydag van vyf senior amptenare, onder wie Transnet se voormalige uitvoerende hoof, Siyabonga Gama. Die vyf staan tereg op aanklagte wat wissel van die oortreding van die Wet op die Bestuur […]