Niemand in brand by Steve Biko-hospitaal beseer

Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig ‘n brand het vroeg vanoggend in die Steve Biko-akademiese hospitaal in Tshwane uitgebreek. Die brand, wat tydelike strukture by die gerief geraak het, is geblus deur die hospitaalspan wat die brandblussers in die gebou gebruik het. Die woordvoerder van die departement, Kwara Kekana, sê geen pasiënt of personeellid is beseer nie.