Mtatha-lughawe in Oos-Kaap kry nog ‘n lugredery

Die departement van vervoer in die Oos-Kaap se plan vorder goed om nog ‘n lugredery vanaf die Mthatha-lughawe in bedryf te stel. Airlink bedryf tans die lughawe, wat slegs die Johannesburgse roete bedien. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê hulle is nederig oor die feit dat CemAir die eerste tree geneem en ook raakgesien […]

Read More

Dodetal weens vloede in Brasilië kan tot meer as 100 styg

Die dodetal weens die erge vloede in noordooste van Brasilië kan tot meer as 100 styg. Internasionale media berig die owerhede van die Pernambuco-provinsie het reeds 91 sterftes bevestig en sê talle mense word nog vermis. Dit kom nadat stortreën gelei het tot grondstortings en vloede waarin talle huise in die slag gebly het. Nog […]

Read More

Aborsie-verhore begin in Zambezi-streek

Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake het begin met die openbare verhore oor die wettiging en nie-wettiging van aborsie in die Zambezi- en Kavango-streke. ’n Afvaardiging van parlementslede onder leiding van Amelia Amupewa het ‘n hoflikheidsbesoek aan die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu gebring. Die vergadering is opgevolg deur openbare […]

Read More

Ekonoom: Prys van Brent-ruolie gaan nie vinnig daal

‘n Bekende ekonoom het gereageer op die prys van Brent-ruolie wat die eerste keer sedert Maart tot meer as 122 Amerikaanse dollar opgeskiet het nadat die Europese Unie ingestem het om sanksies in te stel teen twee-derdes van die olie wat Rusland aan lidlande uitvoer. In Maart, kort nadat Rusland die Oekraïne op 24 Februarie […]

Read More

Afrika-landboustrategie van stapel gestuur

Die Wes-Kaapse landbou-departement het sy Afrika-landboustrategie vir die provinsie van stapel gestuur. Volgens die LUR, Ivan Meyer, is die strategie gemik op mede-skepping binne ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en voedselsekerheid. Meyer sê die stategie het ten doel om landbou-geleenthede in Afrika en die Wes-Kaapse landbousektor te ontsluit, sowel as tegnologie-vennote, vaardigheidsontwikkeling en opleiding. Intussen sê die […]

Read More

Namibiër hardloop vir liefdadigheid

Buks Gouws, ‘n ywerige hardloper, het ‘n liefdadigheidsgeleentheid op Swakopmund gehou. Gouws wou 24 uur aanhoudend draf met die doel om soveel kilometers as moontlik op die klok te kry. Hy kon daarin slaag om 20 uur aaneen te draf. Alle fondse wat ingesamel is, sal aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Gouws gesels met Kosmos […]

Read More

Statistiek SA sê daar is ‘n effense daling in werkloosheid onder werklose jongmense

Statistiek SA sê volgens die uitgebreide definisie, wat ontmoedigde werksoekers insluit, het die werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van die jaar tot 45,5 persent gedaal. Die totale aantal werkende mense in Suid-Afrika was 14,9 miljoen, teenoor 7,9-miljoen werklose mense. Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê die aantal ontmoedigde mense wat werk soek het met 54 000 […]

Read More

Namibië moet self bek-en-klouseer-enstof vervaardig

Die direkteur van beplanning in die landbouministerie, Mesag Mulunga, sê Namibië benodig ‘n entstofproduksie-aanleg om die koste van die invoer van entstowwe vir diere te verlaag. Tans bestee die regering meer as 100 miljoen Namibiese dollar jaarliks aan inentingsveldtogte vir bek-en-klouseer in die noordelike kommunale gebiede. Hy het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, […]

Read More

Suid-Afrika se brandstofpryse styg ook môre

In Suid-Afrika word petrol na  middernag met tot 2 Suid-Afrikaanse rand 43 sent duurder en diesel met tot 1 rand 20 sent. Die regering subsidieer brandstofpryse met verligting van 1 rand 50 sent per liter op die brandstofheffing, waarsonder petrol byna vier rand per liter duurder sou word. Die subsidie word uit die staatskas gefinansier. […]

Read More

DA sê ANC se idees oor groei het opgedroog

Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname onderstreep die behoefte aan vars ekonomiese denke. Die amptelike werkloosheidskoers staan nou op 34,5 persent en die uitgebreide koers op 45,5 persent. Die party se woordvoerder, Michael Cardo, sê die privaat sektor is in staat om grootskaalse werk te skep deur oorwegend lae-geskoolde mense in diens te neem.

Read More