DA sê ANC se idees oor groei het opgedroog

Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname onderstreep die behoefte aan vars ekonomiese denke. Die amptelike werkloosheidskoers staan nou op 34,5 persent en die uitgebreide koers op 45,5 persent. Die party se woordvoerder, Michael Cardo, sê die privaat sektor is in staat om grootskaalse werk te skep deur oorwegend lae-geskoolde mense in diens te neem.