Namibië moet self bek-en-klouseer-enstof vervaardig

Die direkteur van beplanning in die landbouministerie, Mesag Mulunga, sê Namibië benodig ‘n entstofproduksie-aanleg om die koste van die invoer van entstowwe vir diere te verlaag. Tans bestee die regering meer as 100 miljoen Namibiese dollar jaarliks aan inentingsveldtogte vir bek-en-klouseer in die noordelike kommunale gebiede. Hy het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê die regering bestee 104 miljoen dollar aan die invoer van entstowwe vir diere. Namibië voer tans bek-en-klouseer-entstowwe uit Botswana in. Mulunga gesels met Kosmos 94.1 Nuus.