Mtatha-lughawe in Oos-Kaap kry nog ‘n lugredery

Die departement van vervoer in die Oos-Kaap se plan vorder goed om nog ‘n lugredery vanaf die Mthatha-lughawe in bedryf te stel. Airlink bedryf tans die lughawe, wat slegs die Johannesburgse roete bedien. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê hulle is nederig oor die feit dat CemAir die eerste tree geneem en ook raakgesien het die departement verwys na die Mthatha-lughawe as een met baie potensiaal.