AA sê brandstofprysstygings gaan verbruikers benadeel
Die Automobiel-Assosiasie sê hy verwelkom die regering se verlengde brandstofverligting deur die algemene brandstofheffing in Junie en Julie te verlaag. Die verlaging van een Suid-Afrikaanse rand 50 sent per liter in die brandstofheffing is tot 2 Augustus met 75 sent verlaag. Die AA se woordvoerder, Layton Beard, sê die reuse-stygings in brandstofpryse gaan steeds verbruikers […]
Britse premier kan mosie van wantroue in die gesig staar
‘n Konserwatiewe lid van die parlement voorspel die Britse premier Boris Johnson kan volgende week ‘n mosie van wantroue in die gesig staar weens Partygate. Dit verwys na partytjies wat strydig met streng inperkingsregulasies by sy ampswoning in Downingstraat 10 gehou is. Bob Neill sê hy is seker die stem sal teen die party se […]
Walvisbaai hou groot makietie vir Wêreld Oseane-dag
Die Verenigde Nasies herdenk Wêreld Oseane-dag op 8 Junie. Walvisbaai gaan die dag oor die naweek van 10 Junie herdenk en groot makietie hou. Professionele sjefs gaan seekos-demonstrasies hou en Namibiërs kan aan ‘n visbraai en potjiekoskompetisie deelneem. Daar sal ’n wynproe en musiek wees en vir die sport-entoesiaste ‘n sokker- en basketbaltoernooi. Vir die […]
Vryheidsfront Plus: Regering moet sy rieme dunner sny
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrikaners staar ‘n ekonomiese ramp in die gesig wat net so erg gaan wees as die Covid-pandemie. Dit volg nadat die prys van 95-oktaan en 93-oktaan loodvrye petrol met onderskeidelik twee Suid-Afrikaanse rand-33-sent en twee-rand-43-sent per liter gestyg het. Die party se woordvoerder, Wynand Boshoff, sê die brandstofheffing moet onmiddellik met […]
Nampol en boere hou misdaadvergadering in Otjozondjupa
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua en generaal majoor Joseph Shikongo, hoof van operasies van die Namibiese polisie, gaan op Maandag 6 Junie ‘n vergadering met boere oor misdaad op plase hou. Die vergadering vind plaas by die Khoi Khoi-gastehuis naby die B2Gold-myn tussen Otavi en Otjiwarongo. Misdaad op Namibiese plase neem toe, veral […]
Kulula en British Airways se vlugte opgeskort
Comair het alle vlugte van Kulula en British Airways van vandag af opgeskort totdat bykomende befondsing verkry kan word. Die maatskappy wat onder sakeredding is, sê hy is besig om die nodige kapitaal in die hande te kry en daar is geen rede om te dink dit sal nie gebeur nie. British Airways en kulula.com […]
DA sê oor vrese van taalbeleid in onderwyswetsontwerp
Die DA glo die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette gaan gebruik word om die regering se agenda oor taal in skole af te dwing. Volgens die party het meer as 11 700 mense sy versoekskrifte onderteken, wat aandui hulle stem nie met die wetsontwerp saam nie. Die DA se woordvoerder, Baxolile Nodada, sê hulle verwerp die […]
Meer as 600 vermeende Russiese oorlogsmisdadigers geïdentifiseer
Meer as 600 vermeende Russiese oorlogsmisdadigers is geïdentifiseer. Dit is volgens Oekraïne se aanklaer-generaal, Iryna Venediktova, wat sê hulle het al begin met die vervolging van 80 vermeende oorlogsmisdadigers. ‘n Oekraïnse hof het reeds twee Russiese soldate vir elf-en-‘n-half-jaar tronk toe gestuur weens oorlogsmisdade. Die Internasionale Strafhof is tans besig om saam met Oekraïne, Pole […]
Kusbewoners sweet, binnelanders bibber
Onafhanlike landbouweerkundige Johan van den Berg waarsku dat Suid-Afrika ‘n redelike lang en koue winter gaan hê met sterk winde as gevolg van koue fronte. Vir Namibië waarsku die plaaslike weervoorspeller Richard Nashikaku baie warm toestande gaan langs die kus voorkom, maar koue weersomstandighede in die noordelike, sentrale en oostelike gebiede van die land.
Ontvoerde San-baba gevind, drie vasgetrek
Drie verdagtes in die onlangse ontvoering van ‘n drie maande oue babaseuntjie op Tsumeb is in hegtenis geneem. Die baba is ongedeerd saam met ‘n 23-jarige vrou naby Oshakati gevind. Die baba is deur ‘n dokter ondersoek en is in ‘n gesonde toestand. Die vrou, 23, is in hegtenis geneem en sal vandag in die […]