Meer moet vir SA se kinders gedoen word

Die Nasionale Beroepsonderwysersorganisasie van Suid-Afrika doen ‘n beroep op tasbare maatreëls om die straf vir kindermishandelaars te bespoedig. Volgens Naptosa is dit kommerwekkend hoe baie kinders se grondwetlike regte geskend word. Basil Manuel van die organisasie sê die regering moet ingryp en die siklus van verwaarlosing, geweld en uitbuiting van kinders stop. Manuel voeg by […]

Read More

Mexikaanse stad kry net 6 ure se toegang tot water

Die Mexikaanse stad Monterrey in die Nuevo Leon-provinsie beperk nou daaglikse watertoegang vir inwoners tot net ses ure. Die stap is genoodsaak as gevolg van ’n geskiedkundige droogte in die streek. Die stad, wat omtrent 5,3 miljoen inwoners het, laat watergebruik daagliks net tussen vier-uur en tien-uur in die oggend toe. Die stap is die […]

Read More

Die Bidens hou vakansie op… Rehoboth

Die Amerikaanse President Joe Biden en sy vrou Jill is Saterdag kortstondig uit hul vakansiehuis ontruim nadat ‘n klein private vliegtuig per abuis die beperkte lugruim oor Rehoboth Beach, Delaware, binnegegaan het. Ja. Rehoboth Beach, in Delaware in die VSA. Die vliegtuig is onmiddellik uit die beperkte lugruim begelei en ‘n voorlopige ondersoek dui dat […]

Read More

Nam se oliebronne: Hervorming is van kritiese belang

Die ontdekking van olie aflandig aan Namibië se kus, amper 13 miljard vate ru-olie in totaal, sal volgens kenners ‘n beduidende positiewe invloed op die land se ekonomie hê. Daar word beraam dat BBP-groei teen 2050 kan verdubbel met die regering wat ongeveer 40 miljard Amerikaanse dollar daaruit sal verdien. Dit kan lei tot ‘n […]

Read More

Baleni-dreigemente hou verband met staatskaping

Die staatsveiligheidsagentskappe in Suid-Afrika het beskermingsmaatreëls vir die direkteur-generaal in die presidensie, Phindile Baleni, getref om haar in staat to stel om met haar werk voort te gaan. Dit volg na Baleni ‘n doodsdreigement in die vorm van ‘n brief met ‘n koeël in die koevert ontvang het. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê […]

Read More

Ontploffings in Kiëf vanoggend na lang kalmte

Kiëf is vanoggend vroeg deur verskeie ontploffings geruk, ‘n dag nadat amptenare gesê het troepe het ‘n gedeelte van Sievierodonetsk in ‘n teenoffensief teen Rusland herower. Die stellings deur Oekraïnse owerhede oor Sievierodonetsk kon nie onafhanklik geverifieer word nie, en Moskou sê op sy beurt sy eie magte maak winste daar. Sievierodonetsk se burgemeester, Oleksandr […]

Read More

Stormers en Bulle deur na VRK halfeindstryd

Die Stormers is die gashere vir Ulster in die Verenigde Rugbykampioenskap se een halfeindstryd volgende naweek. Hulle het Edinburgh gisteraand voor ‘n rasend-opgewonde Kaapstadse skare met 28-17 geklop. Die Bulle kon gister in ‘n vroeëre kragmeting eers ná die einde van die amptelike speeltyd daarin slaag om die Haaie naelskraap met 30-27 in ‘n spannende […]

Read More

Nuwe program vir wildmisdaad, -konflik van stapel gestuur

Die Namibiese ministerie van die omgewing sal môre sy nuwe plan vir mens-dier konflik en wildmisdaad van stapel stuur. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, word ‘n nuwe geïntegreerde program, wat kyk na beide konflik met wilde diere en wildmisdaad in verskeie brandpunte regoor die land, geïmplementeer. Dit word saam met […]

Read More

Vandalisme van kraginfrastruktuur duur voort

Die vandalisme aan kraginfrastruktuur in Suid-Afrika blyk om geen einde te hê nie. Die Stad Tshwane doen nou ‘n beroep op inwoners om te help in die stryd teen daaglikse voorkoms daarvan. Noodsaaklike infrastraktuur is by die Nellmapius-substasie gesteel terwyl daar ook ‘n inbraak was by die Mahube-vallei-substasie in Mamelodi. Misdadigers het na bewering gesweisde […]

Read More

‘God se woede (Covid), is verby’- Museveni

President Yoweri Museveni van Uganda het Covid-19 vergelyk met die Bybelse “roede van woede”, en sê dat die land daarin geslaag het om deur die wêreldwye pandemie te kom as gevolg van Christelike leerstellings. Museveni het ook uit Jesaja aangehaal en gesê mense kan nou weer saam aanbid omdat God se toorn, wat hy as […]

Read More