
Onophoudelike beurtkrag in Suid-Afrika - January 9, 2023
Suid-Afrikaners staar vir die afsienbare toekoms onophoudelike beurtkrag in die gesig, met fase 3 en fase 4 wat deur die dag en nag sal voortduur. Eskom sê dit is die gevolg van onklaarrakings en beplande instandhouding by verskeie van sy kragstasies. Volgens woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sal nog inligting uitgereik word soos die situasie verander.
Brasilianse Bolsanaro-ondersteuners bestorm kongres-kompleks - January 9, 2023
Duisende ondersteuners van Brasilië se voormalige verregse President, Jair Bolsonaro het die kongres-kompleks in die hoofstad, Brasilia bestorm. Van die ondersteuners het tot in die senaatsaal gekom, terwyl ander die presidensiële paleis, die hoogste hof en ander regeringsgeboue binnegedring het. Beeldmateriaal toon hoe hulle vensters breek en meubels beskadig. Die veiligheidsmagte sê hulle het nou […]
Ramaphosa sê werk moet vir jeug geskep word - January 9, 2023
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê miljoene jong Suid-Afrikaners tussen 18 en 35 het nie werk, óf ‘n geleentheid tot onderwys of opleiding nie. Hy het tydens sy 8 Januarie Presidentsrede gesê die regering moet steeds voorkeur gee aan die indiensneming van jong mense. Vanjaar moet die regering alle planne uitbrei wat werkservaring aan jongmense bied, […]
President van Botswana besoek Geingob - January 9, 2023
Botswana se President Mokgweetsi Masisi was op ‘n eendag-werkbesoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob. Die twee lande het einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou, onder voorsitterskap van Geingob en Masisi. Die sitting het daartoe gelei dat ‘n aantal besluite geneem is om bestaande bilaterale bande te versterk. […]
Trauma-sentrums nodig in Namibië - January 9, 2023
Die skakelbeampte by die Swakopmundse munisipaliteit, Linda Mupua, sê daar is ‘n behoefte om trauma-sentrums in Namibië te hê vir beide onderwysers en leerders om ‘n veilige ruimte te bied wat hulle in staat sal stel om te praat en gehoor te word. Volgens Mupupa kan onopgeloste trauma die prestasie van beide onderwysers en leerders […]
Beurtkrag bedreig voedselsekerheid in SA - January 9, 2023
Landbouverenigings in die buurland vrees die voortslepende energiekrisis kan ‘n nadelige uitwerking hê op voedselsekerheid. Opkomende boere wat besproeiingsgewasse, pluimvee, melk en vrugte vir uitvoer produseer, verkeer onder geweldige spanning, want beurtkrag lei vir hulle tot groot verliese. Die uitvoerende hoof van die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika, Thandeka Mbassa, sê die nie-nakoming van slag-tydsones sal ook […]
Moulin Rouge het ‘n sissende probleem - January 9, 2023
Diereregte-aktiviste het ‘n veldtog teen die Moulin Rouge van stapel gestuur nadat nie-akwatiese slange op die verhoog in water gedompel is. Tydens die daaglikse vertoning by die Paryse instelling speel ‘n danser met groot luislange in ‘n poel water terwyl hulle hul koppe bokant die water probeer hou. Die Moulin Rouge wat in 1889 gestig […]
Beplan beter vir nuwe skooljaar - January 8, 2023
Met die begin van die 2023 skooljaar om die draai, is talle ouers gewoonlik in die nuwe jaar vasgevang in ‘n finansiële dispuut en konflik wanneer skooluniforms en -benodighede gekoop moet word. Staatskole maak weer hul deure Woensdag oop. Oor die algemeen leer Namibiërs nie uit vorige ervarings nie en berei hulle nie voor op […]
Modise: VSA probeer Afrika-lande intimideer oor Rusland - January 8, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, het Amerika gekritiseer omdat hulle Afrika-lande probeer intimideer het om nie sake met Rusland te doen nie. Rusland het Oekraïne byna ‘n jaar gelede binnegeval. Die minister doen ‘n beroep op die verwerping van die wet op die bestryding van kwaadwillige Russiese aktiwiteite in Afrika. […]
Aanvalle duur voort tydens skietstaking van Ortodokse Kersfees - January 8, 2023
Bombardering in dele van Oekraïne is voortgesit kort nadat die 36 uur skietstaking weens die viering van die Ortodokse Kersfees verstryk het. Die aanvalle is deur Rusland sowel as Oekraïne. Geweervuur is in die dorp Bakhmut in die noordooste van die land gehoor waar intense gevegte sedert die Russiese inval plaasgevind het. Ontploffings is ook […]