Daniel Lazarus is nuwe Mnr. Gay Namibië - October 3, 2022

Daniel Lazarus is as die nuwe Mnr. Gay Namibië in Windhoek gekroon. Die eerste naaswenner is Oeloff Henning en Charlie McNab is in die derde plek. Tien deelnemers het om die kroon meegeding en Lazarus sal tussen 9 en 16 Oktober aan Mnr. Gay Wêreld in Kaapstad, Suid-Afrika, deelneem. Mnr. Gay Namibië is ‘n woordvoerder […]

Read More

Namibië deel van wêreldwye rentekoersverhogings - October 2, 2022

Ekonome voorspel ‘n groot vraag na krediet van klein en medium onderneming en verskeie ander sektore in die Namibiese ekonomie. Namibië is deel van die wêreldwye rentekoersverhogings. Die Bank van Namibië het sy jongste repokoers met 175 basispunte verhoog en sal na verwagting op 19 Oktober 2022 met 75 basispunte styg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank […]

Read More

SANW-vliegtuig onwettig gebruik vir ANC-afvaardiging na Harare - October 2, 2022

AfriForum verwelkom die bevindings van die kantoor van die openbare beskermer dat die gebruik van ‘n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om in 2020 ‘n ANC-afvaardiging na Harare, Zimbabwe, te vervoer, ʼn oortreding van die wet was. Die voormalige minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en ses ander ANC-afgevaardigdes het vanaf die […]

Read More

Rusland beperk toegang tot stromingsdiens - October 2, 2022

Rusland het toegang beperk tot SoundCloud, ‘n stromingsdiens vir musiek en podsendings, kwansuis omdat vals inligting oor die land se spesiale militêre operasie in Oekraïne daarop versprei word. Sedert sy inval in Oekraïne in Februarie het Rusland verskeie stappe gedoen om toegang tot sosialemediaplatforms soos Facebook, Instagram en Twitter te beperk. Toegang tot SoundCloud word […]

Read More

Krieket: Groot uitdaging wat op Proteas - October 2, 2022

Krieket: Die Proteas is onder groot druk voor vanmiddag se tweede van drie T20’s teen Indië in Guwahati. Die span is in die eerste wedstryd met agt paaltjies gestoomroller. Temba Bavuma, Rilee Rossouw, David Miller en Tristan Stubbs het almal Woensdag nulletjies aangeteken, terwyl Quinton de Kock net een lopie kon bygedra. Volgens die veelsydige […]

Read More

Meerderheid tenders vir twee NamPower-kragstasies gediskwalifiseer - October 2, 2022

Agt uit die elf tenders vir die konstruksie van NamPower se Ohama-kragstasie is gediskwalifiseer. Die konstruksie van die kragstasie behels onder meer die fondasie, ‘n pad en bouwerk. Volgens die Tender Bulletin is die kontrak toegeken aan Shivute Construction nadat hul tender van 13,2 miljoen Namibiese dollar deur Nampower goedgekeur is. Vir die Kuiseb-kragstasie is […]

Read More

Busa tevrede met Eskom se nuwe raad - October 2, 2022

Business Unity South Africa sê Eskom se nuwe direksie is ‘n mengsel van vaardighede en kundigheid. Die raad van 13 lede bestaan uit ingenieurs, geoktrooieerde rekenmeesters, vakbondverteenwoordigers en kundiges oor energie-beleid en elektrisiteits-lewering. Volgens die uitvoerende hoof van Busa, Cas Coovadia, is die aanstelling van die nuwe direksie ‘n belangrike stap in die regte rigting […]

Read More

Indonesiese President hoop dit is die laaste sokkertragedie - October 2, 2022

Die dodetal van die sokker-stormloop in Malang op die Indonesiese eiland Oos-Java het gestyg na 174 met 180 mense wat beseer is. Paniekerige toeskouers is vertrap en versmoor terwyl hulle van ‘n oproer probeer vlug het, sê owerhede. Die polisiehoof in die streek, Nico Afinta, sê dit is die grootste tragedie in dié sport in […]

Read More

Ernest Schackleton se Endurance-boot mag vernoem word - October 2, 2022

Die agter-agter-kleinniggie van die legendariese ontdekkings-reisiger Ernest Shackleton het toestemming gekry om haar kafee-boot Endurance na sy boot te vernoem wat tydens ‘n vaart na Antarktika vergaan het. ‘n Boot met daardie naam het langer as ‘n eeu gelede laas in Engeland vasgemeer. Die land se registrasiekantoor het ‘n uitsondering gemaak in die geval van […]

Read More

Vliegtuigbrandstof-tekort by Kaapstad-lughawe raak vlugte na Namibië - October 2, 2022

Twee vlugte van FlyNamibia vanaf Kaapstad via Oranjemund na Windhoek se Hosea Kutako Internasionale Lughawe is reeds vir vandag gekanselleer. Dit volg nadat die Lughawens-maatskappy Suid-Afrika, Acsa, waarsku voortgesette druk op voorrade van vliegtuigbrandstof by die Kaapstad Internasionale Lughawe kan vlug-skedules beïnvloed. ‘n Verslag van brandstof-verskaffers toon verdere vertragings in die lewering van vliegtuigbrandstof aan […]

Read More