Verdere vertragings met vliegtuigbrandstof by Kaapstad-lughawe - October 3, 2022

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika, Acsa, waarsku voortgesette druk op voorrade van vliegtuigbrandstof by die Kaapstad Internasionale Lughawe kan vlugskedules beïnvloed. ‘n Verslag van brandstofverskaffers toon verdere vertragings in die lewering van vliegtuigbrandstof aan die lughawe. Lugrederye is versoek om tegniese stilhouplekke te gebruik om brandstof in te neem. Passasiers word versoek om voortdurend ʼn ogie op […]

Read More

Oekraïnse hoof van kernkragsentrale steeds skoonveld - October 3, 2022

Die staatskern-reguleerder van Oekraïne, Enerhoatom, sê Russiese troepe hou die direkteur van die land se Zaporizhzhia-kernkragsentrale aan. Ihor Murashov is onderskep toe hy Vrydagmiddag in sy motor van die instelling af op pad was. Hy is geblinddoek en is glo na ‘n gevangenis in Enerhodar geneem. Rusland het nog nie kommentaar gelewer oor die aangeleentheid […]

Read More

Gholf: Christiaan Burke tevrede met sy debuut by St. Andrews - October 3, 2022

Gholf: Die Nieu-Seelander Ryan Fox het die Alfred Dunhill Links-kampioenskap by St. Andrews in Skotland met een hou gewen voor die Sweed, Alex Noren, en Callum Shinkwin van Engeland. Die Suid-Afrikaner Christiaan Burke het gesamentlik in die 48ste plek klaargemaak op drie onder baansyfer en sê hy is tevrede met sy debuut in hierdie toernooi.

Read More

NLU se Landbou-vooruitskouingskonferensie vind Woensdag plaas - October 3, 2022

Die Namibiese Landbou-unie nooi die publiek uit na hul langverwagte Landbou-vooruitskouingskonferensie wat Woensdag in die hoofstad plaasvind. Die landbouminister, Calle Schlettwein, is een van die gassprekers. Die president van die NLU, Piet Gouws, sê aan Kosmos 94.1 Nuus op watter kwessies en nuwe toekomsmarkte die konferensie sal fokus. Die NLU se suster-unies, die NNFU, NECFU […]

Read More

Ramaphosa se ANC-tak steun hom vir tweede termyn - October 3, 2022

Die ANC-president Cyril Ramaphosa het erken dat hy die party tydens ‘n onstuimige tydperk gelei het, maar sê hy het sy bes gedoen. Hy het Sondag deelgeneem aan sy tak se algemene vergadering in Soweto. Die tak het hom vir ‘n tweede termyn benoem en Paul Mashatile as adjunkpresident. Ramaphosa sê hy doen sy bes […]

Read More

Burkino Faso se nuwe leier sê orde word herstel - October 3, 2022

Burkina Faso se self-verklaarde militêre leier, kaptein Ibrahim Traore, sê dat orde in die land herstel word, ná gewelddadige betogings teen die Franse ambassade en dae van gevegte terwyl sy faksie beweeg het om die regering omver te werp. Traore se span het mense aangemoedig om hulle te weerhou van dade van vandalisme by die […]

Read More

Indië wen Proteas met 16 lopies in tweede T20 - October 3, 2022

Krieket: Indië het Suid-Afrika met 16 lopies in die tweede T20-wedstryd in Guwahati verslaan en sodoende die reeks van drie wedstryde beklink. Die tuisspan het 237 vir drie in hul 20 boulbeurte aangeteken met die hoogste telling deur KL Rahul op 57. David Miller het die Proteas se aanslag gelei en 106 van 47 balle […]

Read More

Meatco-lede wil oor vier maande weer vergader - October 3, 2022

Verskeie mosies is by Meatco se jaarvergadering die naweek op Otjiwarongo ingedien. ‘n Spesiale ledevergadering wat oor vier maande gehou moet word om terugvoer oor Meatco se benarde finansiële situasie te gee, is eenparig aanvaar. ‘n Mosie van om vertroue en deurset by Meatco te herstel is met ‘n oorweldigende meerderheid aanvaar waarvolgens produsente vergoed […]

Read More

Eskom: Fase 3-beurtkrag duur tot Donderdag - October 3, 2022

Eskom gaan voort met die instel van fase drie-beurtkrag tot Donderdagoggend om vyf-uur. Dit is as gevolg van beperkte opwekkingskapasiteit na voortdurende hoë vlakke van onderbrekings. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ná die sluiting van die Camden-kragstasie in Mpumalanga verlede week weens water wat met chemikalieë besoedel is in die stoomketels, is die […]

Read More

Orkaan Ian se dodetal styg tot meer as 40 - October 3, 2022

Die dodetal as gevolg van die tropiese storm Ian, een van die kragtigste storms nog in Amerika, het tot meer as 40 gestyg. Volgens die Withuis sal President Joe Biden later hierdie week Florida besoek om die verwoesting eerstehands waar te neem. Reddingswerkers het die naweek steeds na oorlewendes gesoek in woonbuurte wat onder water […]

Read More