
CCF lei brakke op om vee op te pas - January 16, 2023
Die Cheetah Conservation Fund het sy werk met waghonde vir vee uitgebrei na die tipies Canis africanus honde toe. Vir meer as 20 jaar gebruik die fonds Anatoliese skaaphonde maar, die ras is duur en is ook groot en kos dus meer om te voer. Die fonds werk op die oomblik om gemengde rasse op […]
Polisie deel jongste oor menslike oorskot by Walvisbaai - January 16, 2023
Inspekteur Ileni Shapumba het meer inligting bekend gemaak oor die menslike oorskot wat Sondag in die duine oos van Walvisbaai gevind is. Hy sê die mag ondersoek tans alle leidrade, sowel as berigte dat die oorskot moontlik deel vorm van die gebied wat deur die Topnaars gebruik is as begraafplaas. Hy sê die oorskot kom […]
Verligting: Inflasie sal bly daal in ’23 - January 16, 2023
Sou Simonis Storm se ontleding oor inflasie in die komende jaar reg wees, sal daar wel verligting vir verbruikers wees. Inflasie het in Desember 2022 afgeneem, in ooreenstemming met die firma se mening dat dit wel sal daal. Daar word verwag dat beide goedere en vervoer-inflasie verder vanjaar sal afneem. Die makelaarsfirma sê hy handhaaf […]
NamRA verduidelik salarisaftrekkings vir uitstaande belastinggeld - January 16, 2023
NamRA sê sy belange lê nie by kriminele sake nie maar eerder om die fondse wat die regering toekom, te verkry. Dit volg na die agentskap meer as 800 belastingbetalers wat betrek is by ‘n bedrogspul van 104 miljoen Namibiese dollar, se salarisse geteiken het. Die agentskap het nie ‘n hofbevel, of die salaristrekker se […]
Khomas ontvang 40 aanbiedings vir sopkombuise by 2 laerskole - January 16, 2023
Die Khomas-streeksraad het 40 aanbiedings ontvang vir die konstruksie van twee sopkombuise by die Namibia- en Moses Garoëb laerskole in die hoofstad. Honger skoolkinders word jaarliks ‘n groter uitdaging in die land en meer as die helfte van die meer as 800 000 skoolgaande kinders in Namibië maak staat op die skoolvoedingsprogram vir ‘n daaglikse […]
Nam-regstelsel bevoordeel blankes – Amushelelo - January 16, 2023
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo sê hy hou nie veel hoop uit vir regverdigheid in die Craft Bistro-saga nie. Petra Illing, die mede-eienaar van die restaurant, se dringende aansoek sal op 27 Januarie in die Windhoek hoërhof aangehoor word. Die sakevrou wil hê die hof moet keer dat die minister van binnelandse sake haar deporteer. […]
Erongo staan behoeftige leerders, studente by - January 16, 2023
Die Erongo-streeksraad het ‘n fonds gestig om minderbevoorregte leerders by te staan in die streek. Die raad het reeds verlede jaar ‘n resolusie in die verband deurgevoer. Veral studente van tersiêre instellings wat registrasie-fooie moet betaal sowel as skoolgaande kinders met skryfbehoeftes wat aangekoop moet word, sal fondse ontvang. Die raad sê elke kiesafdeling in […]
Johannesburg werk om homself van Eskom te speen - January 16, 2023
Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die veelpartyregering en City Power werk aktief om die stad se afhanklikheid van Eskom te beperk. Ongeveer 90 persent van sy krag word op die oomblik aangeskaf van die nutsmaatskappy. Die woordvoerder van die stad, Mabine Seabe, sê hulle is in die mark om te soek vir volhoubare, […]
Kalifornië maak gereed vir nog ‘n storm - January 16, 2023
Die stormgeteisterde Kalifornië berei hom voor vir wat waarskynlik ʼn laaste aanslag reën en sneeu is wat laat Sondag kan begin. Dit volg na die skade wat ʼn weerstelsel aangerig het en ernstige vloede veroorsaak het waarin 19 mense dwarsoor die staat dood is. Die Nasionale Weerdiens waarsku inwoners oor ‘n strook van sentraal- en […]
Gekaapte geboue in die Baai in Oos-Kaap moet teruggevat word - January 16, 2023
ActionSA in die Oos-Kaap sê hy gaan aan Nelson Mandelabaai se burgemeester, Retief Odendaal, skryf en versoek dat hy die opknapping van die Baai se middestad bespoedig. Die party wil ook hê die burgemeester moet oorlog verklaar teen gekaapte geboue, en maatskaplike behuising voorsien aan kwesbares in die gebied. Athol Trollip van ActionSA sê gekaapte […]