Starmer erken slawerny maar sal nie vergoeding betaal nie

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het aangekondig sy regering is bereid om met Statebond-nasies in gesprek te tree oor sy geskiedkundige rol in slawehandel, maar sal nie vergoeding daarvoor betaal nie. Hy het voor ‘n leiersberaad in Samoa kommentaar gelewer. Die beraad sal besprekings voer oor vergoeding wat in die vorm van gesamentlike kommunikasie […]

Read More

Musk het self onwettig in die VSA gewerk

Die Washington Post berig dat die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk gedurende ‘n kort tydperk in die 1990’s onwettig in die VSA gewerk het terwyl hy ‘n maatskappy gebou het. Die koerant sê Musk het in 1995 in Palo Alto, Kalifornië, aangekom om Stanford Universiteit by te woon, maar het nooit vir sy nagraadse studieprogram daar […]

Read More

Shivambu sê EFF het geweet hy waai

Die voormalige adjunkpresident van die EFF Floyd Shivambu het in ‘n potgooi onthul die meeste van die EFF-leiers, behalwe Julius Malema, het geweet van sy beplande aansluiting by die MK-party, lank voor dit openbaar gemaak is. Shivambu beweer die leiers het hom gesmeek om nie Malema in te lig oor wat hulle geweet het nie. […]

Read More

Weiding vergelyk met dit van 2012

Namibia Rangelands se jongste weidingskaart toon dat weidingtoestande regoor die land uiters sleg is. Maar, daar is ook ‘n kaart wat die huidige toestande met die van 2012 vergelyk en afwykings tussen dan en nou is gemeet. Kommerwekkend is dat die afwyking uiters laag is wat beteken dat in 2012, weiding regoor die land uiters […]

Read More

WGO verloor kontak met sy mense na Israeliese aanval

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê berigte oor ‘n Israelse klopjag op ‘n hospitaal in die noorde van Gaza is “diep ontstellend”. Die direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hy het “kontak verloor” met personeel van die hospitaal sedert berigte oor die klopjag na vore gekom het. ‘n Woordvoerder van die WGO, Tarik Jasarevic, het aan Sky […]

Read More

Sainz spring eerste weg in Mexiko Stad

Carlos Sainz het die voorste wegspringposisie ingepalm vir vanaand se Mexiko Stad Grand Prix met ‘n indrukwekkende prestasie vir Ferrari in die kwalifiseerders, en Red Bull se verdedigende kampioen Max Verstappen die loef afgesteek. Die Spanjaard, wat die span aan die einde van die seisoen verlaat, het 1 minuut en 15,946-sekondes aangeteken en die reeksvoorloper […]

Read More

Sperdatum vir verbruikerswet verleng, publiek is apaties

Die handelministerie het die sperdatum vir openbare terugvoer oor die Konsep Verbruikersbeskermingswetsontwerp verleng tot 25 November. Die verlenging het ten doel om breër deelname aan te moedig, om te verseker dat die wetsontwerp ten volle in ooreenstemming is met Namibië se Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Die ministerie doen ‘n beroep op individue en organisasies om by te […]

Read More

Sun International mag nie Peermont koop nie

Sun International se plan vir die verkryging van Peermont, die eienaar van Emperors Palace, het ‘n terugslag beleef nadat die Mededingingskommissie aanbeveel het die transaksie van 7,3 miljard Suid-Afrikaanse rand moet stopgesit word. Die maatskappy sê hy sal die kommissie se verslag hersien voor dit oorgedra word aan die Mededingingstribunaal, wat die finale sê het. […]

Read More

Brasilië skik met BHP vir US$30 miljard

Meer as 600 000 Brasiliane, 46 plaaslike regerings en sowat 2 000 besighede het vir 30 miljard Amerikaanse dollar geskik ‘n regsgeding teen mynreus BHP oor Brasilië se ergste omgewingsramp. Die ineenstorting van die Mariana-dam in 2015, wat mynafval, bekend as uitskot, gehou het, het ‘n giftige golf ontketen wat 19 mense doodgemaak het, duisende […]

Read More

Pakistan beklink toets teen Engeland 2-1

Pakistan het hulle derde en finale toets teen Engeland in Rawalpindi oortuigend op die derde dag met nege paaltjies gewen. Engeland het ineengestort van 66 vir drie tot 112 almal uit, wat die gashere ‘n teiken gestel het van net 36 lopies. Pakistan se draaibouler Noman Ali het ses paaltjies platgetrek vir 42 lopies, en […]

Read More