Diamant-halssnoer met Marie Antoinette-bande haal N$85 miljoen
‘n Halssnoer wat vermoedelik juwele bevat uit Marie Antoinette se berugte Saak van die Diamant-halssnoer is opgeveil vir meer as 85-miljoen Namibiese dollar. Die juwele was vermoedelik deel van die skandaal wat uiteindelik tot die Franse koningin se ondergang gelei het. Die skandaal is veroorsaak nadat ‘n edelvrou met geldprobleme, Jeanne de la Motte, haar […]
‘Jon Jon’ slaan Mubarak uit vir WBO Afrika-titel
Boks: Namibië se Paulinus “Jon Jon” Ndjolonimus het sy WBO Afrika-supermiddelgewig-titel behou teen Ghana se Abubakar Mubarak, met ‘n uitklophou in die negende ronde. Dit was Mubarak se eerste verlies van sy professionele loopbaan. Die geveg was die hoogtepunt van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boxing & Fitness Academy se Jou Stem Tel Boks Bonanza […]
Itula sê lede van ander partye welkom in sy kabinet
Die IPC se leier, Panduleni Itula, sê indien hy as president verkies word, sal sy Kabinet nie net lede van die party se parlementêre lys bevat nie, maar ook lede van ander partye. Hulle sal egter korrupsie-vry en patrioties genoeg moet wees om te wil saamwerk om die land op te bou. Die party het […]
Polisie ‘sal steeds zama-zama’s by Stilfontein arresteer’
Die polisie verwelkom die tussentydse hofbevel van die Hooggeregshof in Gauteng vir die beskerming van onwettige mynwerkers wat nog ondergronds is by die Stilfonteinmyn in Noordwes, wat in onbruik is. Die opdrag gee hulle kans om vrywillig uit te kom en verbied die versperring van die skagte. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê […]
8 dood, 17 beseer in mesaanval by Chinese kollege
Agt mense is dood en 17 ander beseer na ‘n 21-jarige oudstudent by ‘n kollege in die Chinese stad Wuxi hulle Saterdagaand met ‘n mes aangeval het. Die mesaanval het by die Wuxi Beroepskollege vir Kuns en Tegnologie plaasgevind. Die 21-jarige verdagte, genaamd Xu, is op die toneel aangekeer. Plaaslike polisie het gesê Xu het […]
Sinner pak Fritz vir ATP-finaal-kroon
Tennis: Die Italianer Jannik Sinner het gister in Turyn met 6-1, 6-2 klaargespeel met Casper Ruud van Noorweë. Hy het voor ‘n geesdriftige tuisskare deurgedring na die beslissende wedstryd van die ATP-finaal teen die Amerikaner Taylor Fritz. Fritz, wat die eerste Amerikaanse Finaal-wenner wil word sedert Pete Sampras, het seker gemaak van sy plek met […]
Namcor verduidelik omgewingsorg-maatreëls
Namcor se visie is om Namibië se koolwaterstofpotensiaal te ontsluit deur strategiese vennootskappe, volhoubare praktyke, gevorderde tegnologie en infrastruktuurontwikkeling, met die fokus op ontluikende komme soos die Oranje- en Walvis-bekken, terwyl dit bydra tot ekonomiese groei en energiesekerheid. Om die omgewings- en logistieke uitdagings in Namibië se sensitiewe ekosisteme aan te spreek, het Namcor verskeie […]
EFF kap seksuele wangedrag deur onderwysers
Die EFF sê hy is geskok oor die toenemende voorkoms van wanoptrede deur onderwysers, veral gevalle van seksuele geweld in Suid-Afrikaanse skole. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys sê volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders is 22 onderwysers tussen 2023 en 2024 afgedank nadat hulle skuldig bevind is aan seksuele wanoptrede. Mathys sê onder […]
Argentynse polisie slaan toe op Nazi-arsenaal
Die Argentynse polisie het ‘n man in Buenos Aires gearresteer wat ‘n groot aantal ou Nazi-wapens besit wat met Derde Ryk-simbole van Adolf Hitler se berugte regime versier is. Die polisie het beslag gelê op meer as 60 vuurwapens by die man se huis, insluitend 43 gewere met Nazi-arendmerke, 15 pistole, vyf bajonette en ‘n […]
Theuns Jordaan vandag drie jaar oorlede
Vandag is die derde herdenking van Theuns Jordaan se dood. Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger het op 17 November 2021 sy stryd teen leukemie verloor, nadat hy in September 2020 gediagnoseer is. Hy was 50 jaar oud. Hy word onthou vir sy roerende lirieke en basbariton stem.