Trump kies Karoline Leavitt, 27, as Withuis-perssekretaris
Donald Trump het aangekondig dat hy die 27-jarige Karoline Leavitt, sy veldtogwoordvoerder, sal aanstel om as perssekretaris van die Withuis in sy volgende administrasie te dien. Leavitt sal die jongste Withuis perssekretaris in die geskiedenis van die VSA wees. Die verkose president het in ‘n verklaring gesê hy is vol vertroue dat die eenmalige kandidaat […]
Hulptoegang vir Gaza op laagtepunt: VN amptenaar
Gaza se toegang tot hulp is op ‘n laagtepunt, met aflewerings aan dele van die beleërde noorde haas onmoontlik, volgens ‘n VN-humanitêre amptenaar. Die opmerkings is teenstrydig met ‘n Amerikaanse beoordeling vroeër die week dat Israel nie tans humanitêre hulp vir die Gaza-strook belemmer nie. Jens Laerke, woordvoerder van die VN se kantoor vir die […]
BoN takel koste, spoed van oorgrensbetalings
Die Bank van Namibië neem beslissende stappe om hoë oorgrensbetalingskoste te beheer en transaksiespoed te verbeter, met die doel om Namibië se streeks- en internasionale handelsmededingendheid te verbeter. Deur onlangse regulatoriese maatreëls beperk BoN fooie en vereis vinniger verwerkingstye om oorgrensbetalings te stroomlyn. Kragtens ‘n nuwe riglyn moet inwaartse oorgrensbetalings van lande in die Gemeenskaplike […]
Nog rentekoersverlagings voorspel vir SA
Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, voorsien die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal volgende week en in Januarie rentekoersverlagings aankondig. Van Zyl sê hierdie dalings het ten doel om ekonomiese groei aan te wakker en verbruikers se skuldlas te verlig. Onsekerheid oor die handelsbeleid van die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, […]
New York word eerste VSA-stad met opeenhopingsheffing
New York word binnekort die eerste stad in Amerika met ʼn opeenhopingsheffing. Goewerneur Kathy Hochul het bekendgemaak tariewe sal van 5 Januarie op seker paaie gehef word om strate leёr te maak, besoedeling te verminder en beter openbare vervoer vir miljoene New Yorkers te lewer. Hochul se plan tree in werking voor een van sy […]
Jason Paul knip Tyson-terugkeer kort
Boks: Die swaargewig-legende Mike Tyson se omstrede terugkeer na boks is kortgeknip nadat Jake Paul hom eenparig in Texas verslaan het. Die 58-jarige Tyson kon nie hond haaraf maak teen sy veel jonger teenstander nie en het gesukkel om die teiken te tref. Paul, wat meer as 20 jaar jonger as Tyson is, kon danksy […]
Grond gebreek vir 40MW Otjikoto biomassakragstasie
NamPower en belanghebbendes het Vrydag grond gebreek vir Namibië se eerste 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie by Tsumeb. Die kragstasie gaan na verwagting twee en ‘n half jaar neem om te voltooi. NamPower se besturende direkteur, Simson Haulofu, het by die geleentheid gesê die projek sal nie net elektrisiteit opwek nie, maar ook werk skep en verskeie […]
Parlementêre dorpie kom net nie klaar nie
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Mpumalanga is besorg oor vertragings met projekte van die openbare werke-departement. Die projekte sluit in die parlementêre dorpie vir lede van die Wetgewer. Bouwerk het in 2018 begin, maar is nog nie afgehandel nie. Die provinsiale voorsitter van SKOOR, Desmond Moela, het aan SABC News gesê die vertragings […]
Supertifoon Man-yi nader die Filippyne
Filippynse owerhede het alle vaartuie terug na hawes ontbied en mense in kusgemeenskappe beveel om hul huise te verlaat terwyl die supertifoon Man-yi die land nader. Sowat 255 000 mense is reeds ontruim uit streke wat kwesbaar is vir grondverskuiwings, oorstromings en stormvloede. Man-yi sal die sesde groot storm wees wat die Filippyne die afgelope […]
MotoGP-titelstryd die naweek in Barcelona beslis
Motorsport: Die MotoGP-titel word die naweek in die laaste wedren van die seisoen in Spanje beslis. Die plaaslike renjaer Jorge Martin is bo-aan die punteleer met ‘n voorsprong van 24 punte oor die Italianer Francesco Bagnaia. Bagnaia sê vir hom is dit ‘n geval van nou-of-nooit. Hy sê hy moet nou inhaal omdat hy foute […]