Theuns Jordaan vandag drie jaar oorlede

Vandag is die derde herdenking van Theuns Jordaan se dood. Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger het op 17 November 2021 sy stryd teen leukemie verloor, nadat hy in September 2020 gediagnoseer is. Hy was 50 jaar oud. Hy word onthou vir sy roerende lirieke en basbariton stem.

Read More

Stad Windhoek ‘moet inwoners inlig oor water’

Volgens Stad Windhoek se weeklikse waterverslag het inwoners tussen 4 en 11 November slegs 1 persent water gespaar en was dus 14 persent bo die vasgestelde besparingsteiken. Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb skryf dit toe aan inligting wat nie betyds deur die Stad aan inwoners deurgegee word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gesels, […]

Read More

SA regering verwelkom S&P se positiewe gradering

Die Suid-Afrikaanse regering het S&P se besluit verwelkom om die land se vooruitsig te hersien van bestendig na positief. Die graderingsagentskap sê die positiewe vooruitsig onderskryf sy mening dat die politieke bestendigheid na die verkiesing privaat belegging en BBP-groei aangemoedig het. Die vorming van ‘n koalisie onder die regering van nasionale eenheid het uitgeloop op […]

Read More

Trump kies ‘fracking’ oliehoof as energie-sekretaris

Donald Trump het Chris Wright, stigter en uitvoerende hoof van Liberty Energy, aangewys as sy keuse om die Amerikaanse energiedepartement te lei. Hy sal na verwagting die verkose president se belofte nakom om fossielbrandstofproduksie te verhoog. Liberty Energy werk met maatskappye wat olie en gas uit skalievelde ontgin deur hidrobreking, of “fracking”. Trump het in […]

Read More

Bokke uitoorlê Engeland op Twickenham

Rugby: Die Springbokke het Engeland gisteraand hulle vyfde agtereenvolgende nederlaag toegedien toe hulle die gashere met 29-20 op Twickenham oorrompel het. Die Bokke het vier drieë gedruk – een elk deur die skrumskakel Grant Williams en die vleuel Cheslin Kolbe, wat twee keer oorgeduik het, en een deur die flank Pieter-Steph du Toit. Suid-Afrika was […]

Read More

Los stamverband, stem vir bevoegde leiers: Venaani

Die PDM het ‘n verkiesingsaamtrek by Opuwo in die Kunene-streek gehou, waar sy president, McHenry Venaani, hom teen ‘n stemmery in terme van stamverband uitgespreek het. Hy moedig Namibiërs aan om nie hul kruisies te trek volgens ‘n kandidaat se stam of taal nie, maar gebaseer op bevoegdheid en kwaliteit. Luister self.

Read More

Stel meer omgewingsgesondheidpraktisyns aan: DA

Die DA sê die Presidensie moet met provinsiale regerings skakel om meer permanente omgewingsgesondheidpraktisyns aan te stel vir die inspeksie van spazawinkels in die land. Willie Aucamp van die DA sê dit is ‘n tragedie dat voedseloordraagbare siektes reeds 22 Suid-Afrikaanse kinders se dood veroorsaak het. Aucamp sê net 1 712 sulke praktisyns is aangestel, […]

Read More

Zelenskiy sê oorlog moet deur diplomasie eindig

Oekraïne se president Volodymyr Zelenskiy het in ‘n radio-onderhoud gesê die land moet alles in sy vermoë doen om te verseker dat die oorlog met Rusland volgende jaar deur diplomasie eindig. Zelenskiy gee toe dat die slagveldsituasie in Oos-Oekraïne moeilik is en dat Rusland vordering maak. Hy sê Russiese president Vladimir Putin stel nie daarin […]

Read More

Siya vol vertroue in Springbok-groep teen Engeland

Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi is optimisties oor die wedstrydgroep wat afrigter Rassie Erasmus vir vandag se kragmeting met Engeland op Twickenham gekies het. Daar is 12 veranderings in die opdrafspan met ʼn splinternuwe agterlyn. Erasmus het op ʼn plaasvervangersbank van 5-3 besluit. Kolisi is vol lof vir die balans tussen ervaring en jeug om die […]

Read More

New Era trek glo besluit oor Musariri as redakteur terug

Die staatsbeheerde dagblad New Era het glo omgedraai op sy besluit om Nampa se hoof van kommersiële dienste, Confidence Musariri, as sy nuwe besturende redakteur aan te stel. Dit is volgens die Engelse dagblad The Namibian, wat sê ‘n betroubare bron het die verwikkeling bevestig. Musariri sou die pos oorneem ná die omstrede uittrede van […]

Read More