Rassie verduidelik 5/3 bank-verdeling teen Engeland
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê die terugkeer na die tradisionele verdeling van vyf voorspelers en drie agterspelers op die bank is gemik op die uitdagings wat Engeland na verwagting môre op Twickenham gaan bied. Daar is 12 veranderings aan Suid-Afrika se opdrafspan wat Skotland verlede naweek verslaan het. Slegs Eben Etzebeth, Ox Nché en […]
Padveligheid is elkeen se plig: NamPol
Die Namibiese Polisiemag loods vandag ‘n Nasionale Padveiligheidsveldtog in Tsumeb, voor die feesseisoen. Met toenemende ongelukke en misdaad gedurende hierdie tydperk, word die publiek versoek om voorsorgmaatreëls te tref om hul veiligheid te verseker. Van 1 Januarie tot 10 November vanjaar is 2 659 ongelukke aangemeld, wat gelei het tot 4 864 beserings en 354 […]
Cyril se oud-raadgewer beboet oor doktorsgraad-leuen
Die Johannesburgse Aandelebeurs het president Cyril Ramaphosa se voormalige raadgewer, Thabi Leoka, beboet omdat sy nie kon bewys dat sy ‘n doktorsgraad van die Londen School of Economics verwerf het nie. Leoka was ‘n direkteur van Remgro, Anglo American Platinum en MTN en deel van Ramaphosa se ekonomiese adviesraad. Sy is ‘n boete van 500-duisend-rand […]
BTW-bedrog met Mafia-bande oopgevlek
Italiaanse ondersoekers het ‘n misdaadsindikaat met mafia-bande ontmasker wat BTW-bedrog in Europa uitvoer. Sowat 40 lasbriewe vir arrestasies is uitgereik en goedere van sowat 10-miljard Namibiese dollar is gekonfiskeer. ‘n Regter in Milaan het gelas dat die sindikaat ondersoek word vir oorgrens-BTW-bedrog deur middel van die verkoop van rekenaar- en inligtingstegnologie-toerusting, en geldwassery van die […]
Veels geluk, Monica Geingos, lekker verjaar!
Voormalige eerste dame Monica Geingos verjaar vandag. Geingos, wat bekend is vir haar onwrikbare toewyding om maatskaplike kwessies aan te spreek, gaan voort om ontelbare lewens in Namibië positief te beïnvloed. Sy het vanaf 2015 as die derde presidentsvrou gedien tot die afsterwe van haar man, wyle Hage Geingob, in Februarie vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus […]
MIV: Wat van die wat nie toets nie?
Namibië het goeie vordering gemaak met die bekamping van MIV-oordrag van moeders na hul babas, maar statistieke van die gesondheidministerie wys dat meer mense hul MIV-status moet ken. Dit is omdat behandeling die virus kan onderdruk en dis onnodig dat mense daaraan sterf. In 2023 is net meer as 6 000 nuwe infeksies in die […]
11 Limpopo-leerders in die hospitaal na hulle melk drink
Die Limpopo-regering maan ouers om kalm te bly nadat 75 leerders van Dzumeri-laerskool weens vermeende voedselvergiftiging in die hospitaal opgeneem is. Die leerders het blykbaar melk gedrink waarna hulle siek geword het. Die Limpopo-premier se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê slegs elf van die leerders het vir verdere waarneming in die hospitaal oornag en is tans […]
VN sê daar is volksmoord in Gaza
Die beleid en praktyke van Israel in sy 13-maande oue konflik met Hamas kom ooreen met die kenmerke van volksmoord. Dit is volgens ‘n VN spesiale komiteeverslag. Die Internasionale Geregshof ondersoek op die oomblik ‘n aanklag van Suid-Afrika dat Israel se militêre veldtog in Gaza volksmoord tot gevolg het. Die VN sê daar is ook […]
Britse Museum ontvang N$23 miljard se keramiekstukke
‘n Privaat Chinese keramiekversameling met 1 700 stukke en ‘n geraamde waarde van 23 miljard Namibiese dollar, is aan die Britse Museum geskenk, wat ‘n rekord vir Britse instellings is. Die sentrale Londense museum het aangekondig die Trustees van die Sir Percival David-stigting het die versameling permanent geskenk sodat dit aan die publiek vertoon kan […]
Al weer ‘n fopbrief van die Britse parlement oor die IPC
‘n Nuwe brief doen weer die rondes op sosiale media. Die brief, blykbaar weer van die Britse Arbeiders LP Sarah Champion, wens die IPC geluk met sy oorwinning tydens die spesiale stemmery in Londen. Die brief maak ook melding van lof vir die party vir sy vooruitstrewende visie, ook met die LGBT-gemeenskap en meer. Dis […]