Navorsing toon kommer oor aanhouding van verhoor-afwagtendes
Nust se departement van sosiale wetenskap het navorsing uitgevoer oor die aanhouding van verhoor afwagtende gevangenes. Die projek, gelei deur dr. Stefan Schulz het Windhoek se Wanaheda, Katutura en Otjomuise polisieselle tussen Junie, Julie en Augustus verlede jaar ondersoek. Hulle het bevind dat ‘n verbysterende 185 uit elke 100 000 lede van die algemene bevolking […]
Onteiening: AfriForum dreig ook met hofstappe
AfriForum dreig om met omvattende regsoptrede te begin om privaat eiendomsreg te beskerm indien die regering eiendom sonder vergoeding wil onteien. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die Onteieningswetsontwerp bekragtig het. Dit sit uiteen hoe staatsinstellings weens verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Ernst van Zyl van AfriForum sê enige wet wat privaat […]
Spaanse enkelma kry dubbele kraamverlof, nou mag almal
‘n Spaanse hof het beslis ‘n enkelma het die reg op die ouerskapsverlof wat ‘n lewensmaat sou kry indien sy een gehad het, en haar verlof is effektief verdubbel. Die ongeïdentifiseerde vrou het gevra om die ouerskapsverlof van 16 weke te kry wat aan ‘n lewensmaat toegestaan sou word, bo en behalwe die 16 weke […]
Aussie Ope: Zverev haal eindstryd na Djokovic besering opdoen
Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, is deur na sy eerste eindstryd op die Australiese Ope nadat die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, in die halfeindronde weens ʼn besering moes onttrek. Die Duitser, wat sy eerste Grand Slam-titel wil wen, het die eerste stel gewen voordat die Serwiër moes tou opgooi. Zverev speel in die eindstryd teen die […]
Ekonoom reageer op lenings vir SOE’s
Die Wêreldbank het ‘n nuwe leningstrategie vir Namibië ingestel deur die Landelike Vennootskapsraamwerk vir 2025-2029, wat lenings van die Internasionale Bank vir Heropbou en Ontwikkeling moontlik sal maak. Die regering sal fokus op lenings vir geselekteerde ondernemings in staatsbesit eerder as direkte soewereine lenings. Namibië het 81 openbare ondernemings, met aansienlike bates en laste, maar […]
VSA se onttrekking uit Parysooreenkoms is uiters skadelik
Die buurland se omgewingsminister, Dion George, het Amerika veroordeel vir sy onttrekking aan die Paryse Ooreenkoms en sê dis skadelik vir multi-lateralisme en internasionale reg. Hy is teleurgesteld oor die besluit en wys op Amerika se geskiedkundige rol in uitstralings en sy morele verpligting om klimaatsoptrede te lei. George het die VSA gevra om sy […]
Regter sê nee vir Trump se geboortereg-bevel
ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap te beëindig, tydelik gestaak en beskryf dit as brutaal ongrondwetlik. Trump het in sy uitvoerende bevel Amerikaanse agentskappe opdrag gegee om nie kinders wat in Amerika gebore is, burgerskap te gee as die ma of pa nie Amerikaanse burgers is of permanente […]
OYO hou Beste van 2024 in Februarie
Die OYO Dansgroep bied op 13 Februarie ’n Beste van 2024 opvoering by die Franco Namibiese Kultuursentrum in Windhoek aan. Toegang is gratis, maar bywoning moet per e-pos bevestig word by info@ombetja.org. Dr. Philippe Talavera, die stigter en direkteur van OYO, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en nooi almal hartlik uit. Die vertoning is egter […]
Onderwys neem stappe teen vervalsing van skoolrapporte
Die onderwysdirekteur van Kavango Oos, Christine Shilima, sê haar kantoor neem kennis van die bewerings teen leerders wat na blykbaar hulle rapportkaarte vervals het om deur te kom. The Villager berig dat drie skole, Dr. Romanus Kampungu, Dr. Romanus Kamunoko en die Ndama Gekombineerde Skool betrek word. Shilima sê die leerders sal hulle grade moet […]
DA se regspan berei voor oor onteieningwet
Die DA het sy sterk teenkanting teen die Onteieningswetsontwerp, wat president Cyril Ramaphosa onderteken het, herhaal. Die wet, wat ’n vyf jaar lange proses van openbare konsultasie en parlementêre beraadslaging ondergaan het, maak voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding. Dit maak ook voorsiening vir sekere gevalle waar onteiening sonder vergoeding in die openbare belang gepas is. […]