Frankryk looi Engeland 53-10 in Sesnasies - March 12, 2023

Die heersende Sesnasies-kampioene, Frankryk, het Engeland gisteraand hulle ergste tuisnederlaag tot nog toe toegedien met ‘n vernederende 53-10 oorwinning op Twickenham. Frankryk, wat alle aspekte oorheers het, het 18 jaar gewag vir Sesnasies-sukses op Twickenham, en hulle dit uiteindelik oortuigend met sewe drieë beklink. In gister se ander kragmeting het Wallis Italië in Rome met […]

Read More

Amushelelo is terug, beplan optog maar, eers hof toe - March 12, 2023

Na ‘n paar dae se stilte as gevolg van ‘n wegbreek met sy vrou in die Noorde, is die omstrede menseregte- en arbeidsaktivis Michael Amushelelo met alle geweld terug. Daar word ‘n massa-optrede op 21 Maart beplan maar hy is tans op Walvisbaai omdat hy môre in die landdroshof op die kusdorp moet verskyn op […]

Read More

ANC moet maatreëls instel teen ontvoerings, dringend ook - March 12, 2023

Die Suid-Afrikaanse misdaadaktivis Yusuf Abramjee doen ‘n beroep op die ANC-regering om maatreëls in te stel om die toename in ontvoerings in die land teen te werk. ‘n Vyf-en-twintigjarige sake-eienaar is verlede week buite sy motorhandelaar in Bryanston, Johannesburg, ontvoer. Abramjee sê Gauteng teken die grootste aantal ontvoerings aan. Hy bevestig ook ‘n nege-jarige dogtertjie […]

Read More

Lineker-sage: Tories, BBC kruip weg agter mislukte migrasie-beleid - March 12, 2023

Brittanje se BBC staar ‘n toenemende krisis in die gesig oor die herrie rondom sokkeraanbieder Gary Lineker se kritiek op die regering se migrasiebeleid. Lineker het getwiet dat die land se migrasiebeleid aan Duitsland in die 1930’s herinner. Die BBC is Saterdag gedwing om baie van sy sportdekking te onttrek, aangesien aanbieders, in ‘n vertoning […]

Read More

Fratsbesering hou Maharaj op die bank, vir nou - March 12, 2023

Die Suid-Afrikaanse hotklou draaibouler Keshav Maharaj gaan lank uit die spel wees ná ‘n fratsbesering gister tydens die Proteas se 284-lopie oorwinning oor die Wes-Indiese Eilande in die tweede toets in Johannesburg . Krieket Suid-Afrika het aangekondig Maharaj het sy linker hakskeen-sening geskeur en besoek môre ‘n sjirurg. Suid-Afrika het die reeks 2-0 gewen. Maharaj […]

Read More

Goedkeuring van Distell-Heineken-ooreenkoms tot Namibiese voordeel – Thieme - March 12, 2023

Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme het sy reaksie gegee op die Mededingingstribunaal in die buurland wat die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell goedgekeur het. Distell sê dit is beslis ‘n verklaring van vertroue in die langtermyn-vooruitsigte vir Suid-Afrika en Namibië. Die Namibiese Mededigingings-kommissie het al reeds die transaksie […]

Read More

Phala Phala-betrokkenes ontvang voorlopige verslag, 10 dae om te antwoord - March 12, 2023

Die buurlandse kantoor van die openbare beskermer het bevestig ‘n kennisgewing in terme van die reëls met betrekking tot Ondersoeke deur die Openbare Beskermer en Aangeleenthede wat daarmee verband hou, is aan die geaffekteerde en geïmpliseerde persone in die Phala Phala-plaasondersoek afgelewer. Die waarnemende woordvoerder van die openbare beskermer, Ndili Msoki, sê die kennisgewing sluit […]

Read More

DRK: Angola stuur soldate na skietstilstand misluk - March 12, 2023

Angola sê hy sal ‘n militêre eenheid na die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo stuur, dae nadat ‘n wapenstilstand wat hy bemiddel het, misluk het. Albei kante in die konflik – die M23-rebelle en regeringstroepe – het mekaar daarvan beskuldig dat hulle die wapenstilstand wat Dinsdag begin het, verbreek het. Die VN […]

Read More

WP, Haaie wen hulle Curriebekerwedstryde - March 12, 2023

Twee Curriebekerwedstryde is Saterdag gespeel. Die Westelike Provinsie het die Leeus maklik met 44-28 geklop in hulle wedstryd op Ellispark. Die speler van die wedstryd, die WP losskakel Kade Wolhuter, het uitstekend gespeel. Hy het geslaag met vyf doelskoppe en drie strafskoppe vir sy 19 punte. Die Haaie het op Kingspark die Griffons met 32-16 […]

Read More

Neckartal-besproeiing kry momentum, uiteindelik - March 12, 2023

Daar heers groot opgewondenheid oor die beplande Neckartal-besproeiingsprojek. Die projek het uiteindelik momentum gekry met die jongste begroting wat 10 miljoen Namibiese dollar opsy gesit het daarvoor en landbouminister Calle Schlettwein het die week na die Suide gereis om met rolspelers te vergader. Die dam is in 2019 voltooi en het in Januarie 2021 opgevul […]

Read More