Padfonds-administrasie soek hoër brandstofheffings - April 24, 2023

Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die Padfonds-administrasie sê sy versoek van ‘n verhoging in die brandstofheffing, is nie te veel gevra nie. Die heffing op elke liter brandstof wat in Namibië verkoop word is om ‘n finansierings-gaping van 4,3 miljard Namibiese dollar vir die rehabilitasie, opgraderings en instandhouding van paaie te dek. Hy het gesê […]

Read More

Stad Windhoek verloor sy internet lisensie - April 24, 2023

Stad Windhoek het sy internet lisensie, wat deur die kommunikasie owerheid Cran in April 2020 aan hom toegestaan is, verloor. Regter Thomas Masuku het Paratus se eis daarvoor toegestaan. Die hof het bevind dat Paratus nie ‘n geleentheid gegun is om insette te lewer voor die lisensie toegestaan is nie. Stad Windhoek wou die lisensie gebruik om internet aan inwoners van die hoofstad […]

Read More

Chaos met Karibib se asdrom-tender - April 24, 2023

Die Tender Bulletin het skerp kritiek gelewer teenoor die Karibib-dorpsraad oor ‘n tender vir asdromme. Volgens die publikasie, bevat die tender nie die hoeveelheid asdromme wat verskaf moet word nie en verder, dat dit nie geadverteer was , op 22 Maart, soos deur die raad beweer is nie. Die tender het ook blykbaar reeds op 10 Februarie gesluit. Daar is […]

Read More

Freek Robinson onder drie wat onttrek is van presidensiële toekenning - April 24, 2023

President Cyril Ramaphosa het die onttrekking aanvaar van drie nominasies vir die Nasionale Orde-toekenning, naamlik die filmmaker Duma Ndlovu, die veteraan-uitsaaier Freek Robinson, en die Suid-Afrikaans-gebore ontdekkingsreisiger Mike Horn. Dit volg na besware uit verskeie sektore van die samelewing, en op aanbeveling van die Nasionale Orde-adviesraad. Ndlovu is by staatskaping by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrek. […]

Read More

Premier nie in ongeluk beseer nie, talle vrae oor insident - April 24, 2023

Eerste Minister Saara Kuugongwela-Amadhila was in ‘n motorongeluk waarby drie voertuie betrokke was op die B1-pad buite Otjiwarongo. Die premier se amptelike luukse swart Toyota Land Cruiser-sportnutsvoertuig het na bewering twee keer gerol voordat dit tot stilstand gekom het. Die Namibiese polisie se Otjozondjupa-streekbevelvoerder, kommissaris Heinrich Tjiveze, sê die ongeluk het sowat 15 kilometer suid […]

Read More

Seuns, 13 en 8, steel pa se baas se Fortuner - April 24, 2023

Die Namibiese polisie sê twee minderjarige seuns, 8 en 13, het hul pa se werkgewer se wit Toyota Fortuner-voertuig Vrydagnag gesteel op die plaas Kaliombo, in die Karibib-distrik. Die twee seuns het volgens die mag Vrydag op ‘n naburige plaas deurgebring in hulle skool-uniforms met gemaksklere onder aan. Vrydagnag het hulle die voertuig gesteel en […]

Read More

Familie van dooie in Bester se sel dagvaar die staat - April 24, 2023

Die familie van Katlego Bereng, wie se verbrande oorskot in die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester se tronksel in Bloemfontein gevind is, sê hulle gaan die staat dagvaar. Die polisie het uiteindelik die verkoolde liggaam in sel 35 van die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein as dié van Bereng geïdentifiseer. Bereng se pa, Batho Mpholo, sê […]

Read More

VN-hoof se pleidooi om uitlatings te verminder - April 24, 2023

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen ‘n beroep op dieper en vinniger uitlatingsbeperkings om die wêreldwye temperatuurstyging te beperk tot 1,5 grade Celsius. Hy vra ook reuse verhogings in beleggings in aanpassing en veerkragtigheid, veral in die mees kwesbare lande en gemeenskappe wat die minste gedoen het om die krisis te veroorsaak. […]

Read More

Uutoni kritiseer waarnemende uitvoerende hoofde van plaaslike owerhede - April 23, 2023

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het gesê dat hy nie begryp hoe plaaslike owerhede hul sake suksesvol kan bestuur met ‘n tussentydse hoof uitvoerende beampte wat in daardie hoedanigheid vir twee of meer jaar optree nie. Uutoni is van mening dat slegs wanneer die leiers strategies geplaas is, dienste doeltreffend gelewer […]

Read More

Vermiste Franse solo-seiljagvaarder veilig - April 23, 2023

Die vermiste Franse solo-seiljagvaarder, Emmanuel Dailler, het vandag aangekom op die Martinque-eiland in die Karibiese See. Die Nasionale Seereddings-intituut in Suid-Afrika sê Dailler het sy familie in kennis gestel dat hy veilig is. Die woordvoerder, Craig Lambinon sê dit is nog onbekend waarom die 56-jarige Dailler so lank geneem het om sy bestemming te bereik. […]

Read More