Xi en Biden sê KI hoort nie naby kernstelsels nie

Amerikaanse president Joe Biden en Chinese president Xi Jinping het ooreengekom dat mense, nie kunsmatige intelligensie nie, besluite moet neem oor die gebruik van kernwapens. Die Withuis het in ‘n verklaring gesê die twee leiers het die behoefte bevestig om menslike beheer te behou oor die besluit om kernwapens te gebruik. Hulle het ook beklemtoon […]

Read More

Trump-presidensie kan rentekoerse hoër hou: ekonoom

Die konsensus siening is dat ‘n Trump 2.0-presidentskap nie goed sal wees vir markte buite die VSA nie. Verskeie sleutel makro-ekonomiese maatstawwe sal op wêreldvlak geraak word, met hoër inflasie en rentekoerse; ‘n sterker Amerikaanse dollar; ‘n swakker Chinese ekonomie; en oliepryse onder druk. Theo Klein, ‘n ekonoom by Oxford Economics Africa, sê potensiële impakte […]

Read More

Cyril lei afvaardiging na G20 spitsberaad in Rio

President Cyril Ramaphosa lei van môre tot Dinsdag ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Groep van Twintig-leiersspitsberaad in Rio de Janeiro in Brasilië. Die spitsberaad se tema is “Building a Just World and a Sustainable Planet”. Ramaphosa neem vandag deel aan die bekendstelling van die veldtog Leveraging the Potential of Renewables – The Road to Johannesburg. […]

Read More

Rusland loods ‘massiewe’ lugaanval op Oekraïne-energiestelsel

Rusland het in die vroeë oggendure ‘n “massiewe” lugaanval op die Oekraïne se energiestelsel geloods. Russiese magte het sowat 120 missiele en 90 hommeltuie afgevuur, volgens Reuters. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê sowat 140 van hulle is deur lugverdediging afgeskiet. Daar is nood-kragonderbrekings in Kiev en die omliggende streek, sowel as in die Donetsk-streek. […]

Read More

Bafana Bafana kwalifiseer ‘welverdiend’ vir Afcon 2025

Sokker: Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, is vol lof na die span se 2-0 oorwinning oor Uganda. Hy sê dit bewys hulle kwalifisering vir Afcon 2025 is welverdiend en nie bloot ‘n gelukskoot nie. Na die sege het Bafana elf punte gehad, wat hulle bo Uganda plaas in Groep K, met een wedstryd […]

Read More

Nampa-raad sê Musariri-besluit nie polities

Die Namibia Press Agency, of Nampa, se raad sê in ‘n verklaring sy besluit om Confidence Musariri se sekondering na New Era te herroep is nie deur politieke faktore beïnvloed nie. Dit kom na Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, op sosiale media gesê het die herroeping het gevolg op sy aksies. Nampa se […]

Read More

Eiendomswaardasies in Stellenbosch laat herrie los

Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra ‘n openbare debat oor die jongste algemene waardasierol vir die komende boekjare van 1 Julie 2025 tot 30 Junie 2029 in die munisipaliteit van Stellenbosch. Marius van Stade van die GOOD-party sê hulle maak voorspraak vir ‘n hersiening van die skerp stygings in die waardasie van residensiële eiendomme, wat […]

Read More

Daar was vulkane op maan se ander kant

Vulkane het miljarde jare gelede aan die geheimsinnige ander kant van die maan uitgebars, volgens Amerikaanse en Chinese navorsers. Ontleding van monsters wat deur ‘n Chinese sending versamel is, het basaltfragmente gevind wat van meer as 4,2 miljard jaar terug dateer. Basalt is vulkaniese gesteentes wat na ‘n uitbarsting gevorm word. Die bevindinge is in […]

Read More

Frankryk steek All Blacks die loef af in riller in Parys

Rugby: Die losskakel Thomas Ramos het gisteraand in Parys gesorg vir 15 punte met sy skopskoen en Frankryk gehelp om Nieu-Seeland met 30-29 in ‘n rillertoets te klop. Romain Buros, Paul Boudehent en Louis Bielle-Biarrey was die driedrukkers vir die gashere, wat seker gemaak het van ‘n derde agtereenvolgende oorwinning oor die All Blacks nadat […]

Read More

Ongwediva-dorpsraad knap ou watertoring op

Die Ongwediva-dorpsraad het begin om die dorp se watertoring op te knap om gereelde wateronderbrekings aan te spreek. Die projek van 5,3 miljoen Namibiese dollar sal na verwagting binne vier maande voltooi wees. Die watertoring is al dekades lank in gebruik en sukkel om in die vraag te voorsien weens onvoldoende watervlakke in NamWater-reservoirs en […]

Read More