Blitsbokke klop Amerika in laaste minuut

Rugby: Ronald Brown se drie in die doodsnikke het die Blitsbokke gered van ʼn rampspoedige begin in die sewestoernooi in Perth. Suid-Afrika het Amerika 24-19 geklop nadat hulle tot die laaste minuut 17-19 agter was. Ricardo Duarttee en Quewin Nortjé het vroeg gedruk vir die Blitsbokke, maar Impi Visser se geelkaart halfpad deur die eerste […]

Read More

Von Bach en Oanob neem nog water in

Von Bachdam het teen vanoggend omstreeks half-nege op 24,7 persent van kapasiteit gestaan met invloei wat oornag 52 000 kubieke meter water bygevoeg het. Sedert Donderdagoggend het die dam amper 500 000 kubiek ingeneem. By Rehoboth sê NamWater se jongste dambulletin dat Oanob nou op 32,1 persent staan en sedert Donderdagoggend 354 000 kubiek ingeneem […]

Read More

Kragonderbreking in groot dele van hoofstad tot Sondag

‘n Geskeduleerde kragonderbreking vir nood instandhoudings werk het vandag begin en sal duur tot Sondag, tussen agtuur voormiddag en vieruur namiddag. Stad Windhoek sê Windhoek Wes, Pionierspark, Suiderhof, Maerua Mall en die Suidelike Industriële Gebied word geraak. Dit is nie duidelik hoe lank die kragonderbreking in die verskeie gebiede sal duur nie. Kosmos 94.1 het […]

Read More

SA moet grense beter beheer, 22 612 buitelanders in die tronk in buurland

Die Polisie en Gevangenisse se Burgerregte-unie vra vir strenger grensbeheer, weens kommer oor oorvol tronke met 22 612 buitelandse burgers in die tronk. Die voorsitter van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste, Kgomotso Ramolobeng, het vandeesweek onthul 4,2 miljard Suid-Afrikaanse rand is aan buitelandse gevangenes bestee. Popcru-woordvoerder, Richard Mamabolo, waarsku poreuse grense bedreig die nasionale […]

Read More

Real Madrid verdien 1 miljard euro in 2023/24

Real Madrid is die eerste sokkerspan wat in ‘n enkele seisoen in 2023/24 1 miljard euro aan inkomste kon verdien. Die Spaanse span is weer boaan die Deloitte Football Money League as die klub in die wêreld wat die hoogste inkomste verdien. Real Madrid het Manchester City verbygesteek en is weer boaan die lys nadat […]

Read More

Huur Beheerraad sedert 2017 vertraag

Die Huur Beheerraad is terug in die nuus met hoë tariewe waaronder veral Windhoekers deurloop. Die nuwe wetgewing hang sedert 2017 in die lig en blykbaar, volgens die lynministerie, word nog insette van rolspelers verwag. Die PDM-LP Maximalliant Katjimune sê lynminister Erastus Uutoni doen nie sy werk nie terwyl mense steier onder hoë huurkostes. Intussen […]

Read More

Rooilyn: Amupanda sluit sy saak af, regter wil weet oor setlaars

Job Amupanda se regslui het hulle saak afgehandel in die hof vandag. Hy is deur sy advokaat Mbushandje Ntinda ondervra en het herhaaldelik die term ‘setlaars’ gebruik. Regter Shafimana Ueitele het hom daaroor gepols. Die respondente het ‘n aansoek gebring dat die saak van die hand gewys word en die argumente sal volgende week Vrydag […]

Read More

Klein mosiehof-rol vanoggend, N$14,3m geëis

Die mosiehof het ‘n klein rol vanoggend hanteer met 60 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan agt op die reël 108-rol was. Regters Doris Hans Kaumbi en Nate Ndauendapo het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 28 aansoeke gebring en eis 11 eiendomme met skuld van 8,8 miljoen Namibiese dollar op. Daar is 17 lenings ter waarde […]

Read More

Klimaat gaan jou gabba sawwe lyf baie duurder maak

Die wêreld se koffiepryse gaan na verwagting styg weens die uitwerking van klimaatsverandering. Brasilië wat die wêreld se grootste koffieprodusent is, word die swaarste getref en loop deur onder warm weerpatrone en vele bosbrande wat koffie-oeste ernstig benadeel. In Viëtnam het ʼn ernstige droogte wat deur swaar reën gevolg is, die wêreld se grootste robusta-voorraad […]

Read More

Vraag na SA-wyn daal (dalk die prys dan ook)

Suid-Afrika se wynuitvoere het in 2023 gesukkel op ‘n wêreldmark wat krimp, en ‘n 4 persent waardegroei van 10,4 miljard Suid-Afrikaanse rand behaal. Wines of South Africa se uitvoerende hoof, Siobhan Thompson, sê verpakte wynverkope het met 4 persent tot 7,9 miljard rand gestyg, terwyl grootmaatwynverkope met 6 persent tot 2,4 miljard rand gegroei het […]

Read More