Werkgewersfederasie voorsien probleme met minimum loon
Die nasionale minimum loon is in 2019 in Suid-Afrika vasgestel en navorsing toon dat soos die bedrag toegeneem het, so ook het gevalle van nie-nakoming. Strategieë soos die vermindering van werksure om die wetgewing te omseil, word ook gebruik. Die minimum loon daar is vir alle werkers 27 Suid-Afrikaanse rand 58 sent per uur. Namibië […]
Malaria-uitbreking eis 28 lewens, sover
Die gesondheidministerie het die jongste malariastatistieke soos op 19 Januarie vrygestel. Sedert ‘n malaria-uitbreking in Desember verklaar is, is 28 sterftes aangemeld. Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het op ‘n media-inligtingsessie gesê daar is geen spesifieke begroting vir die reaksie op die uitbreking nie, en huidige hulpbronne word in die verskillende direktorate gebruik. […]
Trigon kry EU-fondse vir kritieke grondstowwe-eksplorasie
Trigon Metals se Kalahari Koperprojek in Namibië het ‘n 97 miljoen Namibiese dollar-toekenning van die Europese Unie ontvang om die verantwoordelike verkryging van kritieke grondstowwe te ondersteun. Dit is deel van die “Horizon Europe”-befondsde “Undercover”-inisiatief, wat fokus op die ontwikkeling van nuwe tegnologieë vir diepmineraal-eksplorasie. Oor die volgende drie jaar sal die navorsing fokus op […]
Namibië moet aanpas om by te bly met werk-toekoms
Die Wêreld Ekonomiese Forum het sy “Toekoms van Werk”-verslag vrygestel, wat wydverspreide aandag by Davos, Switserland getrek het. Van die poste wat afneem, is banktellers en poswerkers, weens elektroniese banktransaksies, e-pos en koerierdienste. Tegnologie-werksgeleenthede is van die vinnigste groeiende, sê die verslag, en werksgeleenthede in die voorste linies sal vinnig toeneem. Dit sluit in plaas- […]
Sasol bly veerkragtig na 6 maande se bedryfsuitdagings
Sasol het ondanks uitdagings gedurende die ses maande geëindig 31 Desember ʼn voorloper in die mark gebly met sy Mynbou- en Gasafdelings. Volgens Sasol het hersiene vooruitsigte met volumes vir bedrywighede in Secunda en die Natref-raffinadery verkope beïnvloed, maar kostebestuur en verbetering van marges het die finansiële impak versag. Sasol sê hy span steeds sleutelinisiatiewe […]
Stinkende plant bekoor duisende
‘n Bedreigde plant bekend as die “lykplant” as gevolg van sy onuithoudbare stank blom tans in die botaniese tuin in Sydney, Australië. Die plant, wat “Putricia” gedoop is, boei internetgehore, met duisende mense wat die plant se vordering op ‘n stromingsplatform volg. Die seldsame titam arum blom net een keer elke paar jaar en boonop […]
Djokovic skimp dit was dalk sy laaste Aussie Ope
Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, het bevestig hy het ‘n spier in sy linkerbobeen geskeur. Dit volg nadat hy onttrek het aan sy halfeindstryd teen Alexander Zverev op die Australiese Ope. Die Serwiër, wat probeer het om sy rekord elfde titel in Melbourne in te palm, het tou opgegooi nadat hy die eerste […]
Rundu loop deur onder swaar reën
Swaar reën het groot skade aan eiendomme in verskeie woongebiede in Rundu veroorsaak, met meer swaar reënval wat veral in Februarie voorspel is. Benjamin Makayi, woordvoerder van die Rundu-dorpsraad, sê die raad is gereed om ondersteuning te verleen en verdere skade te help versag soos die swaar reënval voortduur. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus […]
DA woedend oor swye oor duur Eskom-tariewe
Die DA sê hy is hoogs ontsteld dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika swyg terwyl Eskom daarop uit is om talle mense in armoede te dompel met buitensporige tariefverhogings. Dit volg na Nersa se spesiale elektrisiteit-subkomitee Dinsdag vergader het, maar geen aankondiging is gedoen oor die kragnutsmaatskappy se tariefverhogingsaansoek nie. Kevin Mileham van die DA […]
NKorea stuur dalk meer troepe na Rusland: SKorea
Suid-Korea se weermag sê dat hulle vermoed Noord-Korea maak gereed om meer troepe na Rusland te stuur. Die weermag sê dit is vier maande sedert die oorspronklike ontplooiing, met veelvuldige sterftes en krygsgevangenes, en dus verwag hulle ‘n bykomende sending van soldate. Intussen berei Noord-Korea ook voor om ‘n spioenasiesatelliet en ‘n interkontinentale ballistiese missiel […]