Wedloop om volgende Navo-hoof - May 27, 2023

Die wedloop om die volgende Navo-hoof is besig om op te warm. Jens Stoltenberg, die Noorse Navo-sekretaris-generaal, sal aan die einde van September bedank ná nege jaar in die pos. Baie lede wil graag hê dat sy opvolging by, of selfs voor ‘n Navo-beraad in Litaue in die middel van Julie afgehandel word. Hulle kan […]

Read More

Motorsport: Verstappen weer voor in Monaco - May 27, 2023

Motorsport: Grand Prix-nuus is dat Max Verstappen die vinnigste tyd vir Red Bull behaal het en toe geëis het sy span moet beter presteer in vandag se deurslaggewende kwalifiserende sessie by die Monaco Grand Prix. Die verdedigende dubbele wêreldkampioen het in die aanvangs-oefenronde met sy motor gesukkel maar het gistermiddag beter gevaar en voor Charles […]

Read More

Marathon-koninging geniet NWR-halfmarathon by Gross Barmen - May 27, 2023

Die Namibiese marathon-koningin Helalia Johannes het vanoggend aan Namibia Wildlife Resorts se halfmarathon by hul Gross Barmen-oord naby Okahandja deelgeneem. Die marathon is ten bate van teenstropery en renostebewaring. Weens ‘n besering, was dit vir Johannes ‘n goeie oefenlopie nadat wat sy weer met haar oefenprogram begin het. Johannes het met Kosmos 94.1 Nuus by […]

Read More

Bekende sangeres vir beweerde dronkbestuur vas ná botsing - May 27, 2023

‘n Bekende sangeres is vanoggend in Windhoek in hegtenis geneem vir beweerde dronkbestuur nadat sy in ‘n voertuig vasgery het. Die botsing het omstreeks half-agt in Nelson Mandela-rylaan en Metjestraat plaasgevind toe die sangeres in die voertuig van ‘n omroeper van Kosmos 94.1, Jessica Thomas vasgery het. Thomas se babaseun was ook saam met haar […]

Read More

Nelson Mandelabaai kry nuwe burgemeester - May 27, 2023

Die raadslid van die Noordelike Alliansie-party in die Oos-Kaap, Gary van Niekerk, is verkies as die nuwe burgemeester van Nelson Mandelabaai. Die vorige burgemeester, Retief Odendaal, is uitgestem nadat die ANC-EFF-koalisie ‘n mosie van wantroue teen hom ingedien het. Van Niekerk is die derde burgemeester van die metro sedert die 2021 plaaslike regeringsverkiesing. Die voormalige […]

Read More

Amerikaanse bergklimgids verower drie pieke van Everest - May 27, 2023

‘n Bekende Amerikaanse bergklimgids, Garrett Madison, het die ongewone prestasie behaal om die drie bergpieke in die Everest-gebied in een seisoen te bereik. Hy het die wêreld se vierde hoogste berg, die Lhotseberg, Berg Everest en die Nuptse-berg in Mei geklim. Dit was ook die 13de keer dat hy Everest se kruin bereik het. Die […]

Read More

Nampol se lys vir kadetkonstabels môre bekend - May 27, 2023

Die Namibiese polisie sê die werwing van sowat 1 000 kadetkonstabels, waarvan 250 vir die Nasionale Jeugdiens, is in ‘n gevorderde stadium. Nampol het aankondig hy sal die lys van suksesvolle aansoekers môre bekend maak. Die rekrute moet aan talle vereistes voldoen en moet verskeie geskrewe en mediese toetse moet ondergaan. Hulle moet onder meer […]

Read More

Greenpeace vaar uit oor cholera-uitbreking - May 27, 2023

Die burgerlike drukgroep, Greenpeace, sê die Suid-Afrikaanse regering het nie die politieke wil om skoon water in die land te verseker nie. Greenpeace het die uitlating gemaak weens die cholera-uitbreking in Hammanskraal, sowel as ‘n sterfte in die Vrystaat. Die klimaat- en energie-aktivis vir Greenpeace in Afrika, Thandile Chinyavanhu sê daar moet meer gedoen word […]

Read More

Man deur 40 krokodille in Kambodja verskeur - May 27, 2023

‘n Bejaarde Kambodjaanse man is deur sowat 40 krokodille verskeur nadat hy in hul kamp op sy familie se reptielplaas in Siem Reap ingetrek is. Die 72-jarige Loean Nam het probeer om ‘n krokodil wat eiers gelê het uit ‘n hok te skuif, toe die dier hom intrek aan die stok wat hy gebruik het. […]

Read More

Kevin Hart wen toekenning by Cannes Lions - May 27, 2023

Die gesogte internasionale kreatiwiteits-fees, Cannes Lions, het aangekondig Kevin Hart is die ontvanger van 2023 se Vermaaklikheidspersoon van die Jaar-toekenning. Hierdie toekenning vier individue wat beduidende bydraes gelewer het tot die vermaaklikheidsbedryf deur ander te inspireer om boeiende, betekenisvolle en vermaaklike inhoud te skep. Die Amerikaanse komediant is bekend as ‘n vermaaklikheidster, entrepreneur en stigter […]

Read More