Sabalenka oorweldigende gunsteling in Aussie Ope-eindstryd

Tennis: Min mense sal hulle geld op die Amerikaner Madison Keys sit in vandag se eindstryd teen die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, in die Australiese Ope. Die Belarus hoop op haar vierde Grand Slam-titel nadat sy die afgelope twee jaar in Melbourne gewen, en verlede jaar die Amerikaanse Ope ingepalm het. Die 29-jarige Keys se enigste […]

Read More

Theofelus werk aan mobiele swerftarief-ooreenkomste

Inligtingminister Emma Theofelus sê sy het haar eweknieë van Angola, Zimbabwe en Zambië betrek vir samewerkingsooreenkomste wat sal lei tot die harmonisering van mobiele swerftariewe, of “roaming”-tariewe. Dit sal ‘n uitbreiding wees van Namibië en Botswana se samewerking om swerfkoste vir oproepe en data met tot 60 persent te verlaag. Dit kom terwyl die SAOG-blok […]

Read More

Botswana-president min gepla met VSA se Afrika-agenda

Die president van Botswana, Duma Boko, is min gepla oor die Afrika-agenda van die nuwe Amerikaanse administrasie, en wys op die rol van die Weste te midde van groeiende wêreldwye belangstelling in die vasteland. Boko het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, daarop gewys dat indien die Weste nie betrokke raak nie, sal […]

Read More

Pete Hegseth word Amerikaanse verdedigingminister

Pete Hegseth, Donald Trump se genomineerde vir Amerikaanse verdedigingminister, is laat Vrydagaand deur die Senaat bevestig, nadat hy te kampe gehad het met bewerings van wangedrag wat sy bevestiging byna ontspoor het. Visepresident JD Vance het na ‘n gelykop-stem die beslissende stem in Hegseth se guns uitgebring. Drie Republikeinse senatore, insluitend die voormalige meerderheidsleier van […]

Read More

Blitsbokke onoorwonne op eerste dag in Perth

Rugby: Die Blitsbokke moes alles uithaal om die gashere in die tweede groepwedstryd te klop en die eerste dag onoorwonne af te sluit op die sewestoernooi in Perth, Australië. Suid-Afrika het 10-7 koning gekraai na twee onverdoelde drieë deur Donavan Don en David Betts terwyl Maurice Longbottom James Turner se drie in die eerste helfte […]

Read More

Plaaslike suiwelbedryf krimp, meesterplan op pad

Namibië se suiwelbedryf het ‘n afname van 35 persent in plaaslike melkproduksie oor vyf jaar ervaar, van 24 miljoen liter in 2017 tot 15,6 miljoen liter in 2022. Volgens ‘n verslag wat deur die landbouministerie vrygestel is, het die aantal melkboere gedaal van 27 in 2017 tot net vier in 2022. Daar is een intensiewe […]

Read More

Kaapse Onafhanklikheidsgroep stel eiendomsreg eise

Die Kaapse Onafhanklikheidsgroep sê die Onteieningswet is ʼn regstreekse aanslag op basiese eiendomsreg wat noodsaaklik is vir ʼn lewenskragtige vryemark-ekonomie. President Cyril Ramaphosa het die wet gister bekragtig. ʼn Woordvoerder van die groep, Joan Swart, sê deur die staat toe te laat om bates sonder vergoeding te gryp, ondermyn die vertroue wat beleggers in Suid-Afrika […]

Read More

Oekraïne loods hommeltuigaanval op Russiese olieraffinadery

Oekraïne het na berig word ‘n Russiese olieraffinadery getref en Moskou geteiken tydens ‘n aanval deur minstens 121 hommeltuie, een van die grootste enkele operasies van sy soort tydens die oorlog. Videomateriaal wat deur die BBC bevestig is, toon ‘n vuurbal oor die raffinadery en pompstasie in die Ryazan-streek, suidoos van Moskou. Die Kremlin erken […]

Read More

Gewapende huisroof gefnuik met Copps 94.1

As jy in ‘n leeukamp speel kan jy gebyt word, soos ‘n dronkbestuurder Vrydagaand in die hoofstad agtergekom het. Die Copps 94.1-span was op die toneel, met Francois Lottering wat saam met die Namibiese Polisie se offisiere en NamPol se verkeersafdeling gepatrolleer het. ‘n Gewapende huisroof is ook gefnuik. Lottering is aan die woord.

Read More

Wat is knopvrotsiekte en Goss se verwelk?

Die landbouministerie het alle invoere en deurgang van mielies en mielieprodukte, asook papajas en hul produkte en ander palmsoorte uit die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga verbied. Dit kom na knopvrotsiekte in palms en Goss se verwelk op mielies in die provinsies bevestig is. Verwelk is ‘n bakteriese siekte wat mielies besmet en verlep. Dit veroorsaak […]

Read More