
SA suidelike witrenosters na DRK verskuif - June 12, 2023
Sestien suidelike witrenosters is in die Demokratiese Republiek van die Kongo vrygelaat as deel van pogings om die bedreigde spesie in die gebied te hervestig. Die renosters is van ‘n privaat natuurreservaat in Suid-Afrika na die Garamba Nasionale Park in die noordooste van die DRK vervoer. Die laaste noordelike witrenoster in die gebied is in […]
Nóg ‘n vermeende kinderverkragter nie gearresteer - June 12, 2023
Die Namibiese polisie in die Omusati-streek ondersoek ‘n saak waarin ‘n veiligheidswag van onbekende ouderdom na bewering ‘n 14-jarige minderjarige meisie verkrag en swanger gemaak het. Daar word beweer dat die man by verskeie geleenthede die minderjarige meisie verkrag het. Kommissaris Ismael Basson, polisiebevelvoerder van Omusati, sê die voorval het in die nedersetting Omatemba in […]
SA landbousektor groei die afgelope drie jaar met 25% - June 12, 2023
Die Nasionale Landbou-bemarkingsraad in die buurland sê daar is beduidende verbeterings in voedselsekerheid nadat die volume en omvang van produksie die afgelope 18 jaar verdubbel het. Die senior landbou-ekonoom by die raad, Sifiso Ntombela, het aan Food for Mzansi, gesê die landbousektor het ook die afgelope drie jaar met 25 persent gegroei. Hoewel die proses […]
WGO veroordeel dodelike aanval op hotel in Mogadishu - June 12, 2023
Die Wêreldgesondheids-organisasie veroordeel ten sterkste ʼn dodelike aanval op ʼn hotel in Mogadishu, Somalië, wat die lewens van 16 mense geëis het. Die terroristegroep, Al-Shabaab, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Onder die slagoffers was ʼn werknemer van die WGO en meer as 20 mense is beseer. Die organisasie sê hy bly daartoe verbind om […]
Tennis: Djokovic is nou weer die beste speler ter wêreld - June 12, 2023
Tennis: Novak Djokovic van Serwië het Carlos Alcaraz van Spanje bo-aan die wêreldranglys vervang nadat hy Sondag sy 23ste Grand Slam-titel behaal het deur die Franse Ope te wen. Hy was voor die toernooi in die derde plek. Danill Medvedev is nou derde, gevolg deur Casper Ruud van Noorweë, wat in die eindstryd teen Djokovic […]
Farmaseutiese voorsieningsketting onder die loep - June 12, 2023
Die Nasionale Farmaseutiese Dienste-forum word die afgelope paar jaar jaarliks gehou. Dit is ‘n platform vir die farmaseutiese sektor om sake wat verband hou met die verbetering van dienslewering en die oorkoming van bedryfs- en bestuursbottelnekke op verskillende vlakke, te ondersoek. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe, sê ‘n behoorlike farmaseutiese voorsieningsketting moet […]
Covid: Positiewe koers op 23,2% - June 12, 2023
Die jongste Covid-syfers vir Namibië, vir die week 29 Mei tot 4 Junie dui ‘n positiewe koers van 23,2 persent aan, beter as die vorige week se 38 persent. Daar is 74 nuwe gevalle uit 319 toetse bevestig met Khomas wat op 19 gevalle staan terwyl Oshana tweede geplaas is met 15 en Otjozondjupa op 14. […]
Ramokgopa vry na Mosambiek-elektrisiteit - June 12, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, vergader vandag met Mosambiek se minister van Minerale Bronne en Energie, Carlos Zacarias, by die Uniegebou in Pretoria. Suid-Afrika wil bykomende krag van Mosambiek aankoop om die land se kragnetwerk te versterk. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Mosambiek kan onmiddellik 80 megawatt voorsien en oor […]
Trump: Barr sê daar is groot geduld oor dokumente getoon - June 12, 2023
Oudpresident Donald Trump sal na verwagting môremiddag in ‘n hof in Miami verskyn in verband met 37 klagte wat teen hom gebring is oor geklassifiseerde dokument. ‘n Aanklag wat Vrydag gelê is, beweer dat hy ‘n aanvalsplan deur die Pentagon beskryf en ‘n geklassifiseerde kaart gedeel het wat verband hou met ‘n militêre operasie. Hy […]
Dwelmsmokkelary – oud-dwelmbaas gesels oor metodes - June 12, 2023
Drie vermeende dagga-smokkelaars tussen die ouderdomme van 25 en 60 verskyn vandag in die Keetmanshoop-landdroshof nadat hulle tydens ‘n polisiesoektog op Tses in hegtenis geneem is. In ‘n ander voorval is ‘n sekuriteitswag van Keetmanshoop gearresteer nadat hy ‘n verhoorafwagtende gevangene besoek en glo ‘n koerant aan hom gegee het met ‘n okapi-mes binne-in. Toe […]