Nog rentekoersverlagings voorspel vir SA

Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, voorsien die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal volgende week en in Januarie rentekoersverlagings aankondig. Van Zyl sê hierdie dalings het ten doel om ekonomiese groei aan te wakker en verbruikers se skuldlas te verlig. Onsekerheid oor die handelsbeleid van die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, […]

Read More

New York word eerste VSA-stad met opeenhopingsheffing

New York word binnekort die eerste stad in Amerika met ʼn opeenhopingsheffing. Goewerneur Kathy Hochul het bekendgemaak tariewe sal van 5 Januarie op seker paaie gehef word om strate leёr te maak, besoedeling te verminder en beter openbare vervoer vir miljoene New Yorkers te lewer. Hochul se plan tree in werking voor een van sy […]

Read More

Jason Paul knip Tyson-terugkeer kort

Boks: Die swaargewig-legende Mike Tyson se omstrede terugkeer na boks is kortgeknip nadat Jake Paul hom eenparig in Texas verslaan het. Die 58-jarige Tyson kon nie hond haaraf maak teen sy veel jonger teenstander nie en het gesukkel om die teiken te tref. Paul, wat meer as 20 jaar jonger as Tyson is, kon danksy […]

Read More

Grond gebreek vir 40MW Otjikoto biomassakragstasie

NamPower en belanghebbendes het Vrydag grond gebreek vir Namibië se eerste 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie by Tsumeb. Die kragstasie gaan na verwagting twee en ‘n half jaar neem om te voltooi. NamPower se besturende direkteur, Simson Haulofu, het by die geleentheid gesê die projek sal nie net elektrisiteit opwek nie, maar ook werk skep en verskeie […]

Read More

Parlementêre dorpie kom net nie klaar nie

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Mpumalanga is besorg oor vertragings met projekte van die openbare werke-departement. Die projekte sluit in die parlementêre dorpie vir lede van die Wetgewer. Bouwerk het in 2018 begin, maar is nog nie afgehandel nie. Die provinsiale voorsitter van SKOOR, Desmond Moela, het aan SABC News gesê die vertragings […]

Read More

Supertifoon Man-yi nader die Filippyne

Filippynse owerhede het alle vaartuie terug na hawes ontbied en mense in kusgemeenskappe beveel om hul huise te verlaat terwyl die supertifoon Man-yi die land nader. Sowat 255 000 mense is reeds ontruim uit streke wat kwesbaar is vir grondverskuiwings, oorstromings en stormvloede. Man-yi sal die sesde groot storm wees wat die Filippyne die afgelope […]

Read More

MotoGP-titelstryd die naweek in Barcelona beslis

Motorsport: Die MotoGP-titel word die naweek in die laaste wedren van die seisoen in Spanje beslis. Die plaaslike renjaer Jorge Martin is bo-aan die punteleer met ‘n voorsprong van 24 punte oor die Italianer Francesco Bagnaia. Bagnaia sê vir hom is dit ‘n geval van nou-of-nooit. Hy sê hy moet nou inhaal omdat hy foute […]

Read More

Probleme voorsien vir Unam werk-geïntegreerde program

Unam het aangekondig hy gaan volgende jaar sy program vir korporatiewe werk-geïntegreerde onderwys bekendstel. Die program vereis van alle derdejaarstudente om praktiese werkservaring op te doen. Hierdie werksgeïntegreerde leer het ten doel om gegradueerdes te lewer wat “toekomsgereed” is, met praktiese vaardighede en akademiese kennis. Daar is egter kommer dat studente kan sukkel om praktiese […]

Read More

Uraanmyner Orano waarsku oor Niger-aanleg

Die Franse kernbrandstofmaatskappy Orano het Vrydag gewaarsku oor ‘n “verslegtende finansiële situasie” by sy Somair-uraanaanleg in Niger, terwyl die Wes-Afrikaanse nasie toenemend na nuwe vennote soos Rusland in sy mynbousektor kyk. Niger is een van die wêreld se voorste vervaardigers van uraan, met Frankryk se Orano ‘n groot rolspeler in die sektor. Orano het in […]

Read More

COP nie meer geskik vir sy doel, hoor VN

Toekomstige VN-klimaatberade moet slegs gehou word in lande wat duidelike steun vir klimaatoptrede kan toon en strenger reëls het oor fossielbrandstof-lobbywerk, volgens ‘n groep invloedryke klimaatbeleidkundiges. Hulle het aan die VN geskryf en geëis dat die huidige komplekse proses van jaarlikse “konferensies van die partye” onder die VN se raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering – die Parys-ooreenkoms […]

Read More