Rory ewenaar Seve se rekord
Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy het die einde van die seisoen se DP World-toer die derde keer gewen. Die Ier het met twee houe voor Denemarke se Rasmus Hojgaard op 15 onder geëindig ná ‘n drie-onder-baansyfer-69 in sy laaste ronde. Die oorwinning bevestig ook die 35-jarige vir die sesde keer in die derde agtereenvolgende seisoen […]
Nampa/New Era sage wek oor die algemeen groot kommer
Nampa het oor die naweek in ‘n persverklaring ontken dat sy besluit om Nampa se hoof van kommersiële dienste, Confidence Musariri, se sekondering na New Era te herroep, deur politieke faktore beïnvloed is. Dit kom na die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, op sosiale media die herroeping aan sy aksies toegeskryf het. Kommer […]
Uitmergelende Beyond the Ultimate Desert Ultra begin
Die 250-kilometer Beyond the Ultimate Desert Ultra begin nou by die Spitzkoppe. Die uitmergelende ultra-marathon duur die hele week. Daar is 35 atlete van regoor die wêreld wat deelneem met drie Namibiërs, Nico Scholtz, Naude Dreyer en Naude Miller wat die land verteenwoordig. Riana Scholtz, ook ‘n Namibiese ultra-atleet met meer. En asof die hitte […]
Kenner sê Baynes is reuse-skuld vir reuse-risiko
Die Baynes Hidroëlektriese-projek, wat vir beide Namibië en Angola sal krag genereer, begin tekens van lewe toon. Die kabinet het in sy jongste besluite die ontwikkeling asook steun daarvoor goedgekeur en lynminister Tom Alweendo opdrag gegee om die ooreenkoms met Angola te onderteken. Die dam lê 200km stroomaf van Ruacana langs die Kunene-rivier. Die projek […]
Natalie se moordsaak hervat in die hof
Die opspraakwekkende moordsaak van die nege-jarige Natalie Chipomho is weer in die hof vir verhoor voor regter Philanda Christiaan. Haar pa Edward Nkata en sy vrou Caroline, sowel as haar ma, Rachel Kureva staan tereg op haar moord. Volgens die staat is sy tussen 23 en 25 Januarie 2020 aangerand, en in ‘n asdrom geplaas […]
Trump-presidensie sal pryse plaaslik verhoog
Die Amerikaanse dollar het geleidelik versterk ná Donald Trump se verkiesingsoorwinning, wat byna al die winste uitgewis het wat die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, vanjaar behaal het. Die Namibiese dollar verhandel tans teen 18,13 vir 1 Amerikaanse dollar, vergeleke met koerse ver onder 18 dollar voor die dollar se oplewing. Hierdie ontwikkeling […]
Man, 58, vas vir skaapdiefstal by Bethanie
Veediefstal duur voort en oor die naweek het die Bethanie-polisie ‘n 58-jarige man vasgetrek met 14 ooie op sy bakkie. Die polisie sê ‘n lid van die publiek het hulle ingelig oor die vermeende diefstal op plaas Goas. Die waarde van die diere word op 17 500 Namibiese dollar bepaal en die verdagte sal vandag […]
Namibia Fact Check oor Britse brief na IPC
Plasings waarvolgens die Independent Patriots for Change deur die Verenigde Koninkryk ondersteun word, versprei weer op sosiale media. Volgens ‘n brief wat na bewering geskryf is deur Sarah Champion, ‘n Britse Arbeidersparty-politikus, geniet die IPC Brittanje se onwrikbare steun. ‘n Ander plasing beweer dat die Britse Hoë Kommissaris in Namibië, Charles Moore, ook die VK […]
Geblikte leeujag en handel in bene weer in die nuus
Die DA sê hy steun die stappe deur die omgewingminister, Dion George, teen geblikte leeujag en die handel in leeubene in die land. Andrew de Blocq van Scheltinga van die DA sê die teel van leeus bevoordeel die tweelingbedrywe van geblikte leeujag en handeldryf met leeubene. Hy sê beide bedrywe het te doen met ernstige […]
Hezbollah woordvoerder dood in Beiroet
Hezbollah se hoofwoordvoerder, Mohammed Afif, is vermoor deur ‘n Israeliese lugaanval op Beiroet. Die aanval het plaasgevind ‘n dag voordat Libanon na verwagting sy reaksie op ‘n skietstilstand-voorstel wat deur die VSA gemaak is, sou lewer. Afif, wat al maande lank die openbare gesig van Hezbollah is, is vermoor in ‘n aanval op kantore van […]