Biden kuier in die Amasone

Joe Biden het die eerste sittende Amerikaanse president geword om die Amasone te besoek – die wêreld se grootste tropiese reënwoud. Hy het gister met plaaslike en inheemse leiers vergader wat werk om die kritieke ekostelsel te bewaar en te beskerm. Die Amasone-streek is ‘n bergplek vir massiewe hoeveelhede van die wêreld se koolstofdioksied, ‘n […]

Read More

Oues van dae speel weer vandag krieket

Die Oor-50’s Afrika-beker kriekettoernooi duur vandag voort na dit Sondag in die hoofstad afgeskop het. Om tien-uur vanoggend kom Zimbabwe op Wanderers teen Suid-Afrika te staan terwyl Namibië op United teen Suid-Afrika A te staan kom, ook om tien. Die Namibiese veterane het Sondag met 135 lopies teen Suid-Afrika verloor terwyl Zimbabwe met 101 lopies […]

Read More

Bekende Wucher het voorstelle vir die verkiesing 

Dr. Martin Wucher, die voorsitter van die Namibia Health Defence League, het ‘n video opgeneem wat op sy YouTube-kanaal gepubliseer is, wat daarop gemik is vir die publiek om die komende presidensiële en parlementêre verkiesings beter te verstaan. Hy dek wat polities oor die afgelope 34 jaar gebeur het en wie die publiek kan vertrou. […]

Read More

Twee vas vir whisky-smokkel 

Die Namibiese polisie sê twee Namibiese mans tussen die ouderdomme van 35 en 45 sal vandag in die laerhof op Tsumeb verskyn na hulle in besit van onwettige whisky gevind is. Die twee is op die B1 tussen Omuthiya en Oshivelo voorgekeer. ‘n Totaal van 27 bokse Indica Royal whisky in bottels, ter waarde van […]

Read More

Rusland loods reuse-lugaanval 

Rusland het sy grootste lugaanval sedert September op Oekraïne uitgevoer. Minstens tien mense is dood en energie-infrastruktuur is beskadig in die hoofstad Kiëf, Donetsk, Lviv en Odesa. Altesaam 120 missiele en 90 hommeltuie is gebruik. Oekraïne se grootste privaat energiemaatskappy, DTEK, sê sy termiese kragaanlegte het aansienlike skade opgedoen wat nood-kragonderbrekings veroorsaak het. Oekraïne se […]

Read More

Rory ewenaar Seve se rekord

Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy het die einde van die seisoen se DP World-toer die derde keer gewen. Die Ier het met twee houe voor Denemarke se Rasmus Hojgaard op 15 onder geëindig ná ‘n drie-onder-baansyfer-69 in sy laaste ronde. Die oorwinning bevestig ook die 35-jarige vir die sesde keer in die derde agtereenvolgende seisoen […]

Read More

Nampa/New Era sage wek oor die algemeen groot kommer 

Nampa het oor die naweek in ‘n persverklaring ontken dat sy besluit om Nampa se hoof van kommersiële dienste, Confidence Musariri, se sekondering na New Era te herroep, deur politieke faktore beïnvloed is. Dit kom na die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, op sosiale media die herroeping aan sy aksies toegeskryf het. Kommer […]

Read More

Uitmergelende Beyond the Ultimate Desert Ultra begin

Die 250-kilometer Beyond the Ultimate Desert Ultra begin nou by die Spitzkoppe. Die uitmergelende ultra-marathon duur die hele week. Daar is 35 atlete van regoor die wêreld wat deelneem met drie Namibiërs, Nico Scholtz, Naude Dreyer en Naude Miller wat die land verteenwoordig. Riana Scholtz, ook ‘n Namibiese ultra-atleet met meer.  En asof die hitte […]

Read More

Kenner sê Baynes is reuse-skuld vir reuse-risiko

Die Baynes Hidroëlektriese-projek, wat vir beide Namibië en Angola sal krag genereer, begin tekens van lewe toon. Die kabinet het in sy jongste besluite die ontwikkeling asook steun daarvoor goedgekeur en lynminister Tom Alweendo opdrag gegee om die ooreenkoms met Angola te onderteken. Die dam lê 200km stroomaf van Ruacana langs die Kunene-rivier. Die projek […]

Read More

Natalie se moordsaak hervat in die hof

Die opspraakwekkende moordsaak van die nege-jarige Natalie Chipomho is weer in die hof vir verhoor voor regter Philanda Christiaan. Haar pa Edward Nkata en sy vrou Caroline, sowel as haar ma, Rachel Kureva staan tereg op haar moord. Volgens die staat is sy tussen 23 en 25 Januarie 2020 aangerand, en in ‘n asdrom geplaas […]

Read More