Groente- of vrugteboer? Registreer by NAB

Registrasie by die Namibiese Akkerbouraad is noodsaaklik vir beide aspirant- en gevestigde plaaslike gewasprodusente. Dit bied erkenning as ‘n wettige produsent en toegang tot formele en informele markte. Dit bring ook integrasie in ‘n spesifieke produksiesone, wat bydraes tot plaaslike landbou verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, ‘n tegniese adviseur by Agribank […]

Read More

SAKP vergader oor sy ‘onafhanklikheid’

Die SAKP gaan sy vyfde spesiale nasionale kongres volgende maand gebruik om sy verhouding oor tientalle jare met die ANC te hersien. Die drie-party-alliansie se verhouding is gespanne na die ANC se besluit om die DA by die regering van nasionale eenheid in te sluit. Die SAKP sê in sy konferensiebesprekingsdokument sy identiteit as ‘n […]

Read More

Zelensky kry toestemming vir VSA-missiele vir Rusland-aanvalle

Amerika se president Joe Biden het volgens berigte toestemming gegee dat Oekraïne die eerste keer Amerikaanse langafstandmissiele bekend as Army Tactical Missile Systems vir aanvalle in Rusland mag gebruik. Die missiele mag net in die Kursk-streek gebruik word waar Moskou byna 50 000 soldate ontplooi het. Rusland het die naweek sy grootste gekoördineerde aanval in […]

Read More

Gatland sal besin oor sy toekoms na 11de verloor

Wallis se afrigter, Warren Gatland, sê hy sal nou oor sy toekoms besin nadat sy span die elfde agtereenvolgende toetswedstryd verloor het. Australië het Wallis in Cardiff met 52-20 afgeransel. Gatland het ná die wedstryd met die Walliese Rugby-unie leiers vergader. Wallis takel Saterdag die wêreldkampioene, Suid-Afrika. Gatland sê dis uitdagendste tyd wat hy as […]

Read More

GBV-gevalle neem toe, werkloosheid kry skuld

Vanaf 2020 tot en met Julie 2022 het Namibië 10 478 gevalle van geslagsgeweld, wat gerapporteer is, aangemeld. Dit kom neer op 11 gevalle daagliks. Intussen het die gevalle skerp gestyg in 2023 na 8 076, of 22 daagliks, ‘n verdubbeling. Daar word beaam dat die hoë werkloosheidsyfer, veral onder Namibiese mans, wat grotendeels verantwoordelik […]

Read More

Eskom belowe somer sonder beurtkrag

Eskom sê met ‘n beskikbare opwekkingsvermoë van 29 157-megawatt en piektydaanvraag wat volgens voorspellings 25 954-megawatt sal wees, bly hy op koers om te voldoen aan die vraag na elektrisiteit. Daphne Mokwena van Eskom sê teen Maandagaand sal ‘n bykomende 2 540-megawatt ook beskikbaar wees. Sy sê Eskom se vroeëre vooruitskatting het ‘n waarskynlike scenario […]

Read More

Biden kuier in die Amasone

Joe Biden het die eerste sittende Amerikaanse president geword om die Amasone te besoek – die wêreld se grootste tropiese reënwoud. Hy het gister met plaaslike en inheemse leiers vergader wat werk om die kritieke ekostelsel te bewaar en te beskerm. Die Amasone-streek is ‘n bergplek vir massiewe hoeveelhede van die wêreld se koolstofdioksied, ‘n […]

Read More

Oues van dae speel weer vandag krieket

Die Oor-50’s Afrika-beker kriekettoernooi duur vandag voort na dit Sondag in die hoofstad afgeskop het. Om tien-uur vanoggend kom Zimbabwe op Wanderers teen Suid-Afrika te staan terwyl Namibië op United teen Suid-Afrika A te staan kom, ook om tien. Die Namibiese veterane het Sondag met 135 lopies teen Suid-Afrika verloor terwyl Zimbabwe met 101 lopies […]

Read More

Bekende Wucher het voorstelle vir die verkiesing 

Dr. Martin Wucher, die voorsitter van die Namibia Health Defence League, het ‘n video opgeneem wat op sy YouTube-kanaal gepubliseer is, wat daarop gemik is vir die publiek om die komende presidensiële en parlementêre verkiesings beter te verstaan. Hy dek wat polities oor die afgelope 34 jaar gebeur het en wie die publiek kan vertrou. […]

Read More

Twee vas vir whisky-smokkel 

Die Namibiese polisie sê twee Namibiese mans tussen die ouderdomme van 35 en 45 sal vandag in die laerhof op Tsumeb verskyn na hulle in besit van onwettige whisky gevind is. Die twee is op die B1 tussen Omuthiya en Oshivelo voorgekeer. ‘n Totaal van 27 bokse Indica Royal whisky in bottels, ter waarde van […]

Read More