Geblikte leeujag en handel in bene weer in die nuus
Die DA sê hy steun die stappe deur die omgewingminister, Dion George, teen geblikte leeujag en die handel in leeubene in die land. Andrew de Blocq van Scheltinga van die DA sê die teel van leeus bevoordeel die tweelingbedrywe van geblikte leeujag en handeldryf met leeubene. Hy sê beide bedrywe het te doen met ernstige […]
Hezbollah woordvoerder dood in Beiroet
Hezbollah se hoofwoordvoerder, Mohammed Afif, is vermoor deur ‘n Israeliese lugaanval op Beiroet. Die aanval het plaasgevind ‘n dag voordat Libanon na verwagting sy reaksie op ‘n skietstilstand-voorstel wat deur die VSA gemaak is, sou lewer. Afif, wat al maande lank die openbare gesig van Hezbollah is, is vermoor in ‘n aanval op kantore van […]
Xi en Biden sê KI hoort nie naby kernstelsels nie
Amerikaanse president Joe Biden en Chinese president Xi Jinping het ooreengekom dat mense, nie kunsmatige intelligensie nie, besluite moet neem oor die gebruik van kernwapens. Die Withuis het in ‘n verklaring gesê die twee leiers het die behoefte bevestig om menslike beheer te behou oor die besluit om kernwapens te gebruik. Hulle het ook beklemtoon […]
Trump-presidensie kan rentekoerse hoër hou: ekonoom
Die konsensus siening is dat ‘n Trump 2.0-presidentskap nie goed sal wees vir markte buite die VSA nie. Verskeie sleutel makro-ekonomiese maatstawwe sal op wêreldvlak geraak word, met hoër inflasie en rentekoerse; ‘n sterker Amerikaanse dollar; ‘n swakker Chinese ekonomie; en oliepryse onder druk. Theo Klein, ‘n ekonoom by Oxford Economics Africa, sê potensiële impakte […]
Cyril lei afvaardiging na G20 spitsberaad in Rio
President Cyril Ramaphosa lei van môre tot Dinsdag ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Groep van Twintig-leiersspitsberaad in Rio de Janeiro in Brasilië. Die spitsberaad se tema is “Building a Just World and a Sustainable Planet”. Ramaphosa neem vandag deel aan die bekendstelling van die veldtog Leveraging the Potential of Renewables – The Road to Johannesburg. […]
Rusland loods ‘massiewe’ lugaanval op Oekraïne-energiestelsel
Rusland het in die vroeë oggendure ‘n “massiewe” lugaanval op die Oekraïne se energiestelsel geloods. Russiese magte het sowat 120 missiele en 90 hommeltuie afgevuur, volgens Reuters. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê sowat 140 van hulle is deur lugverdediging afgeskiet. Daar is nood-kragonderbrekings in Kiev en die omliggende streek, sowel as in die Donetsk-streek. […]
Bafana Bafana kwalifiseer ‘welverdiend’ vir Afcon 2025
Sokker: Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, is vol lof na die span se 2-0 oorwinning oor Uganda. Hy sê dit bewys hulle kwalifisering vir Afcon 2025 is welverdiend en nie bloot ‘n gelukskoot nie. Na die sege het Bafana elf punte gehad, wat hulle bo Uganda plaas in Groep K, met een wedstryd […]
Nampa-raad sê Musariri-besluit nie polities
Die Namibia Press Agency, of Nampa, se raad sê in ‘n verklaring sy besluit om Confidence Musariri se sekondering na New Era te herroep is nie deur politieke faktore beïnvloed nie. Dit kom na Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, op sosiale media gesê het die herroeping het gevolg op sy aksies. Nampa se […]
Eiendomswaardasies in Stellenbosch laat herrie los
Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra ‘n openbare debat oor die jongste algemene waardasierol vir die komende boekjare van 1 Julie 2025 tot 30 Junie 2029 in die munisipaliteit van Stellenbosch. Marius van Stade van die GOOD-party sê hulle maak voorspraak vir ‘n hersiening van die skerp stygings in die waardasie van residensiële eiendomme, wat […]
Daar was vulkane op maan se ander kant
Vulkane het miljarde jare gelede aan die geheimsinnige ander kant van die maan uitgebars, volgens Amerikaanse en Chinese navorsers. Ontleding van monsters wat deur ‘n Chinese sending versamel is, het basaltfragmente gevind wat van meer as 4,2 miljard jaar terug dateer. Basalt is vulkaniese gesteentes wat na ‘n uitbarsting gevorm word. Die bevindinge is in […]