Capu bekommerd oor hondediefstal in Rehoboth - June 9, 2023

Die Civilian Animal Protection Unit, Capu, is bekommerd oor hondediefstal in Rehoboth. Die honde word glo gesteel, geslag en verkoop aan kapana-handelaars. Volgens Capu is ‘n Weimaraner-hond wat sewe jaar gelede vir 6 000 Namibiese dollar gekoop is, vir 70 dollar verkoop. Capu-stigter Charne Wasserfall het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê die polisie […]

Read More

Green Connection maan teen aflandige gas- en olie-eksplorasie - June 9, 2023

Green Connection maak alarm oor aflandige gas- en olie-eksplorasie in die buurland en wys op die risiko van oliestorting en klimaatsverandering. Die groep vir eko-geregtigheid kritiseer Total en die regering omdat hulle seebronne uitbuit, die marienelewe benadeel asook mense langs die kuslyn se voortbestaan bedreig. Dit sê ten spyte van regs-uitdagings, neem die belangstelling in […]

Read More

FNB Unam-rugbyspan hou winter-skenkingsveldtog - June 9, 2023

Môre gaan nie net ‘n groot rugbydag by die Unam-stadion wees nie. As deel van die borgskap met FNB Namibia, ‘n organiseer die FNB Unam-rugbyspan ‘n winter-skenkingsveldtog. Skenkings van enige aard soos komberse, wintersklere, en kos sal ingesamel word en aan Lifeline/Childline oorhandig word. Die organisasie fokus op die welstand en ondersteuning vir geestesgesondheid. Hulle […]

Read More

Weerkantoor: Warmer naweek, koue kom Maandag - June 9, 2023

Volgens die Namibiese weerkantoor sal dit hierdie naweek warm wees en dan kom die koue weer vanaf Maandag. Koue arktiese lug sal volgende week verder noord versprei. Saai- en kleinveeboere word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls teen die koue te tref. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Nashikaku, weerman van die Namibië Meteorologiese Diens, gesels…

Read More

Streng borgtogvoorwaardes vir Marén de Klerk - June 9, 2023

Streng borgtogvoorwaardes is aan die omstrede prokureur Marén de Klerk in die Paarl-landdroshof in die Wes-Kaap gestel, nadat hy vandag op borg van 50 000 Namibiese dollar vrygelaat is. Die voorwaardes sluit in dat hy sy Namibiese en Suid-Afrikaanse paspoorte inhandig, nie vir enige reisdokument mag aansoek doen nie, daagliks by die polisiestasie moet aanmeld […]

Read More

Meatco se algemene jaarvergadering buite Grootfontein - June 9, 2023

Meatco hou op 23 Junie sy 35ste algemene jaarvergadering. Dit vind om nege-uur die oggend by die Peace Garden Lodge buite Grootfontein plaas. Registrasie vir die vergadering vind tussen half-agt en half-nege plaas. Slegs geregistreerde Meatco-lede mag die vergadering bywoon. Lede kon tot vandag mosies vir die agenda aan die voorsitter van die raad, Adolf […]

Read More

Rwandese volksmoord-beskuldigde staan tereg op 54 klagte - June 9, 2023

Die landdroshof in Kaapstad het die Rwandese volksmoord-beskuldigde, Fulgence Kayishema, se saak tot 20 Junie uitgestel. Kayishema is glo een van die mees gesoekte oorblywende vlugtelinge van die Rwandese volksmoord in 1994 waartydens ‘n geraamde 800 000 mense vermoor is. Die Verenigde Nasies se Internasionale Residuele Meganisme vir Straf-tribunale wil hom verhoor op aanklagte van […]

Read More

Portugese ambassade hou konsert in NTN - June 9, 2023

Die ambassade van Portugal in Namibië reël ter viering van hul Portugese Nasionale Dag môre ‘n konsert met Omiri op 14 Junie om sewe-uur die aand in die Nasionale Teater van Namibië. Toegang is gratis. Omiri is Portugese elektro-folk en die konsert sal ‘n reis deur Portugal in ‘n unieke multimedia-vertoning insluit. Die musikant Vasco […]

Read More

Meer as 181 000 vakante poste in SA staatsdiens - June 9, 2023

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die groot aantal vakante poste in die staatsdiens. Volgens verslae wat verlede maand aan die parlement voorgelê is, was daar meer as 181 000 vakatures in die staatsdiens, wat 14 persent van die gevestigde poste is. Noodsaaklike diens-departemente soos onderwys, gesondheid, maatskaplike ontwikkeling en die polisie word erg […]

Read More

Oud-werknemers van Air Namibia oorhandig weer petisie aan parlement - June 9, 2023

Voormalige werknemers van Air Namibia, onder leiding van Renier Bougaard, het vandag in die hoofstad ‘n tweede petisie aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, oorhandig. Dit volg nadat die oud-werknemers in November verlede na die bankrot redery se voormalige hoofkwartier opgeruk en buite die gebou gekamp het om te eis vir die […]

Read More