Kenia vestig olifant-korridor - July 31, 2023

Kenia beskerm sy natuurlewe met die bekendstelling van die Oos- en Sentraal-Afrika se Olifant-wandelgang. Die kabinetsekretaris in die ministerie van toerisme, atuurlewe en erfenis, Peninah Malonza, het klem geplaas op die primêre doelwit van wildbewaring. Die Olifant-wandelgang is ook gemik op die bekamping van stropery en handel in bedreigde spesies, asook openbare opvoeding en bewustheid […]

Read More

Namibië bedank sy veldwagters - July 31, 2023

Vandag word Wêreld-veldwagtersdag herdenk. Volgens die Veldwagters-vereniging van Afrika het 71 veldwagters op die vasteland gedurende die afgelope jaar gesterf. Ten minste 633 Afrika-veldwagters is sedert 2011 vermoor. Altesaam 326 van hierdie veldwagters is deur burgermag-groepe en terroriste in gekoördineerde aanvalle of deur stropers vermoor terwyl hulle natuurlike hulpbronne probeer beskerm. Die Internasionale Veldwagters-federasie berig […]

Read More

NamWater: Water steeds na Von Bach oorgepomp - July 31, 2023

Daar word steeds water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp, asook van noordelike waterbronne, maar dit het nog nie Von Bach bereik nie. Volgens NamWater se dambulletin staan Von Bach se vlak nou op 20,9 persent teenoor verlede jaar se 50,8 persent. Swakoppoort se vlak staan op 62,8 persent teenoor verlede jaar se […]

Read More

DA gaan VN toe oor EFF-dreunsang - July 31, 2023

Die DA het bekendgemaak hy gaan ʼn klagte indien by die Menseregte-raad van die Verenigde Nasies vir die dreunsang van Kill the Boer gedurende die 10de verjaardagviering van die EFF in die FNB-stadion in Johannesburg. Die klagte is teen beide die EFF en die ANC, wat nagelaat het om teen die leier van die rooi […]

Read More

Debat oor hondevleis duur voort in Suid-Korea - July 31, 2023

Hondevleis-boere in Suid-Korea het kommer uitgespreek oor aktiviste se toenemende pogings om die bedryf te verbied. Hondevleis word al eeue lank in die land verbruik, met ongeveer 700 000 tot ‘n miljoen honde wat elke jaar geslag word. Die gebruik is nie in Suid-Korea gewettig of uitdruklik verbied nie, en daar is voortdurende debatte oor […]

Read More

Rugby: Blou Bulle sien uit na Welwitschia-wedstryd - July 31, 2023

Rugby: Die Blou Bulle sien uit daarna om weer na Namibië te toer. Die Bulle gaan op 26 Augustus teen die Windhoek Draught Welwitschias op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad te staan kom. Dit is ter voorbereiding van die Welwitchias se Wêreldbeker-toernooi. Willem Strauss, die president van die Bulle het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

ActionSA gee reaksie op belastingboikot - July 31, 2023

ActionSA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, en diegene in leierskap om dringend te vergader met die verskillende belastingbetalers-verenigings wat ‘n belastingboikot aanvra. Alan Beesley van ActionSA sê daar bestaan geen twyfel daar is ernstige bekommernisse oor hoe die begroting opgestel is nie, aangesien dele daarvan nie sin maak […]

Read More

Tuberkulose steeds ‘n groot las - July 31, 2023

Volgens die gesondheidsministerie is tuberkulose steeds ‘n groot las in Namibië, veral onder mense wat met MIV leef. Verlede jaar het die Wêreldgesondheids-organisasie Namibië as die land met die negende hoogste tuberkulose-syfer ter wêreld gelys. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Verdere daling in voedselpryse verwag - July 31, 2023

Die Buro vir Ekonomiese Navorsing in die buurland voorspel ʼn verdere daling vanjaar in voedselpryse wat ʼn mate van verligting sal bring aan huishoudings wat dit nie breed het nie. Die Verbruikersprys-aanwyser het verlede maand van 6,3 persent tot 5,4 persent gedaal, met voedsel-inflasie wat van 11,9 persent tot 11 persent afgeneem het. Daarbenewens het […]

Read More

Trump-werknemer in hof na hy glo help om dokumente te versteek - July 31, 2023

‘n Werknemer van die Amerikaanse oudpresident, Donald Trump verskyn vandag in ‘n federale hof in Miami in verband met aanklagte dat hy Trump gehelp het om geheime dokumente te versteek ná Trump se termyn. Carlos De Oliveira, ‘n bestuurder by Trump se Mar-a-Lago landgoed in Florida, het na bewering probeer om beeldmateriaal uit te wis […]

Read More