Verdere daling in inflasie verwag - July 13, 2023

Reaksie is ontvang van ’n ekonoom oor die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir Junie wat aandui dat die inflasiekoers besig is om te daal. Jaarlikse inflasie het tot 5,3 persent gedaal vanaf 6 persent in Junie verlede jaar en 6,3 persent in Mei vanjaar. Terwyl voedsel en nie-alkoholiese drank die grootste bydraer tot inflasie bly, […]

Read More

SA afvaardiging in Washington oor Agoa - July 13, 2023

‘n Hoëvlak-afvaardiging van die Suid-Afrikaanse regering is op besoek aan Washington om met Amerikaanse rolspelers in gesprek te tree oor sake rakende die Agoa-forum se vergadering later vanjaar in Suid-Afrika. Die departement van handel, nywerheid en mededinging het bevestig dat minister Ebrahim Patel vergesel word van die minister van finansies, Enoch Godongwana, en die minister […]

Read More

Wêreld kan groter voedselkrisis verwag - July 13, 2023

Nóg 122 miljoen mense in die wêreld staar sedert 2019 hongersnood in die gesig weens die Covid-pandemie, herhaalde weer-skokke en konflik soos die oorlog in Oekraïne. Dit is volgens die jongste State of Food Security and Nutrition in the World se verslag. Die verslag onthul dat tussen 691 en 783 miljoen mense verlede jaar honger […]

Read More

Rugby: Skok oor dood van Stormer Nick Koster (34) - July 13, 2023

Rugby: Die sport is geskok oor die dood van die voormalige losvoorspeler van die Stormers, Bath en Bristol, Nick Koster, op die ouderdom van 34. Hy het vir die Kaapstadse seunskool Bishops gespeel en was kaptein van Westelike Provinsie se hoërskoolspan op die Cravenweek in 2006 en 2007 en was ook lid van die Suid-Afrikaanse […]

Read More

Teenkanting teen nuwe SA tabak-konsepwet   - July 13, 2023

ClippaSales  en Casa Tabacs se opname onder meer as 200 spesialis-tabakhandelaars in die buurland toon sterk teenkanting teen die nuwe Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels. Die voorgestelde wetgewing sluit in ʼn algehele verbod op die uitstalling van tabak- en verwante produkte, wat honderde klein ondernemings en duisende werksgeleenthede sal bedreig. Clippa […]

Read More

Ekandjo se omstrede wetsontwerpe goedgekeur - July 13, 2023

‘n Geslags-aktivis het haar reaksie gegee op die Nasionale Vergadering wat twee wetsontwerpe aanvaar het wat selfdegeslaghuwelike verbied en slegs huwelike tussen ’n man en vrou erken. Veteraan Swapo-parlementslid, Jerry Ekandjo, het hierdie wetsontwerpe ingedien na aanleiding van die hooggeregshof se uitspraak om selfdegeslaghuwelike wat buite Namibië verbind is, te erken. Hy het ook ‘n […]

Read More

Groen Klimaatsfonds gee befondsing van miljarde vir SA water-infrastruktuur - July 13, 2023

Die Groen Klimaatsfonds het Suid-Afrika voorsien van befondsing ter waarde van 4,3 miljard Suid-Afrikaanse rand om aandag te skenk aan die land se watertekort en ‘n waterhergebruik-infrastruktuurfonds te ontwikkel. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika skat die befondsing sal die land in staat stel om ‘n fonds te skep wat ses keer sy aanvanklike grootte is. Die […]

Read More

Palestynse President onder druk om uit te tree - July 13, 2023

Die Palestynse President, die 87-jarige Mahmud Abbas, het die Wesoewer-stad besoek net dae nadat drie van sy senior amptenare gedwing is om ‘n begrafnis te verlaat wat deur skares wat woedend was oor dié owerheid se reaksie op ‘n hewige aanval van Israel. Die woede van die skare by die begrafnis vir vegters wat in […]

Read More

Rugby: Junior Bokke speel vir derde plek teen Engeland - July 13, 2023

Rugby: Damian Markus sal die eerste keer op binnesenter vir die Junior Springbokke begin in môre se uitspeelwedstryd om derde plek teen Engeland in Wêreld-Rugby se Onder-20-kampioenskap op die Athlone-stadion in Kaapstad. Hy het in al vier die vorige wedstryde op die bank begin. Hoofafrigter Bafana Nhleko moes ook ʼn paar veranderings aanbring weens beserings. […]

Read More

Tweede Vroue en Landbouberaad vind in September plaas - July 13, 2023

Die tweede Vroue- en Landbouberaad vind vanaf 27 September by Nasionale Teater van Namibië in Windhoek plaas met die tema “Leveraging Technology and Innovation to Unleash the Potential of Agriculture and Value Addition,”. Op 28 September sal virtuele werkswinkels aangebied word. Dit sal ‘n unieke byeenkoms te wees, wat belanghebbendes van uiteenlopende agtergronde byeen bring […]

Read More