
Metaangas het ontploffing in Johannesburg veroorsaak - August 2, 2023
Die Johannesburgse metro het bevestig dat metaangas die ontploffing in die middestad veroorsaak het wat minstens een lewe geëis het en die gedeeltelike ineenstorting van Breëstraat veroorsaak het. Altesaam 48 mense is in ontploffing verlede maand beseer, en verskeie moes in die hospitaal opgeneem word vir behandeling. Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, sê die gas-infrastruktuur […]
Russiese vrou sterf ná uiterste styl van veganisme - August 2, 2023
‘n Vrou wat op sosiale media voorspraak gemaak het vir rou veganistiese kos het volgens berigte van die honger gesterf nadat sy in die afgelope dekade slegs rou vrugte en groente geëet het. Die 39-jarige Russies-gebore Zhanna Samsonova was op sosiale media bekend as Zhanna D’Art en het meer as 10 000 volgelinge op Instagram […]
Julius vaar uit oor zama zama-bendes - August 2, 2023
Die leier van die EFF, Julius Malema, vra die Suid-Afrikaanse Polisiediens om vuur met vuur te beantwoord wanneer hulle te doen het met onwettige mynwerkers wat gemeenskappe terroriseer. Daar is verskeie skietvoorvalle in Gauteng tussen vyandelike zama zama-bendes met inwoners wat die strate invaar en vra vir regerings-ingryping. Malema het in Johannesburg aan die media […]
Namibiese vis-uitvoere styg tot N$1,1 miljard - August 2, 2023
Die uitvoer van Namibiese vis het vir die negende agtereenvolgende maand toegeneem met ‘n 60,2 persent verhoging op ‘n jaargrondslag in Mei. Die uitvoer van vis het van 697 miljoen Namibiese dollar in Mei verlede jaar tot 1,1 miljard dollar in Mei vanjaar gestyg, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin. Die meeste van Namibiese vis-uitvoere […]
Vermeende Eskom-bedrieër kry borg van R100 000 - August 2, 2023
Die 18de beskuldigde in die Eskom-bedrogsaak ter waarde van 2,2 miljard Suid-Afrikaanse rand wat gekoppel word aan die Kusile-kragsentrale in Mpumalanga, is borgtog van 100 000 rand toegestaan in die handelsmisdaadhof in Middelburg. Lese’tsa Johannes Mutchinya word aangekla dat hy 3,1 miljoen rand in terugbetalings deur sy ondernemings gewas het. Hy is gelys as ‘n […]
Tifoon Khanun tref suide van Japan - August 2, 2023
Bykans 700 000 mense is aangeraai om hul huise te ontruim en sowat 900 vlugte is gekanselleer nadat die tifoon Khanun die suide van Japan getref het. Meer as 200 000 huishoudings op die Okinawa-eilande is weens die storm sonder krag. Een sterfte is sover aangemeld, en minstens 11 mense is beseer. Khanun is die […]
Kunstenaars kan aansoek doen vir hulp - August 2, 2023
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië erken die finansieringsgaping in die bedryf. Kunstenaars speel ‘n deurslaggewende rol in die vorming van kultuur en samelewing, maar hul werk word dikwels onder-waardeer en onder-befonds. Hulle is veral hard getref deur die inperkings van die Covid-pandemie, daarom poog die raad om kunstenaars te ondersteun deur toekennings aan hulle te […]
Grootfontein spog met 112de skou in September - August 2, 2023
Grootfontein hou sy jaarlikse skou van 13 tot 15 September. Besoekers aan die 112de skou kan uitsien na beeste, perde en kleinvee wat op skou sal wees. Daar sal ook verskeie uitstallers wees en hope vermaak vir oud en jonk. Die president van die Grootfontein-skouvereniging, Nita Pretorius, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Nie veel hoop op ‘n beter toekoms in boubedryf - August 2, 2023
Die Namibiese konstruksie-sektor is in ‘n benarde toestand en daar is nie hoop op ‘n beter toekoms nie. Volgens Simonis Storm se Junie-verslag oor kredietverlening aan die privaat sektor het die beperkte monetêre beleid daartoe gelei dat bouplanne gemiddeld met 17 persent vanaf Maart tot Junie gedaal het. Dit dui aan dat hoër rentekoerse daartoe […]
Staat vra uitstel in saak oor wettiging van dagga - August 2, 2023
Die staat het ‘n verdere uitstel versoek in die saak waarin die Namibiese dagga-aktivis Jaftha Brian ‘n hofbevel aanvra om die gebruik van dagga in Namibië te wettig. Staatsadvokate het dokumente ingedien wat aandui dat die saak tot 12 September vir ‘n saakbestuurskonferensie uitgestel word, met verwysing na die ingewikkeldheid en grondwetlike vrae wat in […]