
Nampol waarsku oor ‘fop-beamptes’ wat bedrieg - October 1, 2023
Die Namibiese polisie het sy kommer uitgespreek oor bedrieërs wat hulle voordoen as polisiebeamptes. Die slenter het die afgelope tyd weer kop uitgesteek met lede van die publiek wat gedreig word met arrestasie in verband met boetes en meer. In die jongste voorval op Katima Mulilo, word lede van die publiek gedreig met arrestasie as […]
Pappas ontken nepotisme bewering in KZN-toerisme - October 1, 2023
’n DA-burgemeester van KwaZulu-Natal ontken bewerings van nepotisme nadat ’n toerisme-organisasie wat aan sy eks-verloofde behoort finansiële ondersteuning van die munisipaliteit ontvang het. Die DA het Chris Pappas van die uMngeni-munisipaliteit onlangs aangewys as sy kandidaat vir premier in die provinsie in volgende jaar se verkiesing. ’n Voormalige lid van die DA, Sizwe Mchunu, het […]
Cholera neem toe in Sudan – WGO - October 1, 2023
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Sudan het ‘n cholera-uitbreking verklaar in Gedaref, waar 264 vermeende gevalle van cholera, vier bevestigde gevalle en 16 sterftes wat daarmee verband hou aangemeld is. Ondersoeke duur voort om vas te stel of die uitbreking ook versprei het na Khartoem en Kordofan-Suid, waar toenemende gevalle aangemeld is. Die organisasie ontplooi vinnige reaksiespanne […]
Verdere beperkings by Panamakanaal as gevolg van droogte - October 1, 2023
Daaglikse skeepsoorgange op die Panamakanaal, een van die wêreld se belangrikste maritieme handelsroetes, sal tot 31 van 32 verminder word om die impak van ‘n ernstige droogte wat na verwagting tot volgende jaar sal duur te mitigeer. Die Panamakanaalowerheid het in die afgelope maande verskeie deurgangsbeperkings ingestel om water te bespaar. Die daaglikse kruisings sal […]
Vrae oor Geingob se ellelange besoek aan New York - October 1, 2023
President Hage Geingob het teruggekom in die land na twee weke se besoek, eers aan Frankryk en toe in New York by die 78ste sessie van die VN se Algemene Vergadering. Terwyl hy talle geleenthede op die kantlyn van die byeenkoms bygewoon het, het dit reeds op 22 September tot ‘n einde gekom. Vrae word […]
Finansiële belange speel rol in KZN se politieke moorde - October 1, 2023
Die president van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê finansiële belange speel ‘n beduidende rol in vermeende politieke moorde. Dit volg op ‘n verslag deur die minister van Polisie, Bheki Cele, wat aandui 31 raadslede van die ANC, 14 van die IVP, vier van die Nasionale Vryheidsparty, twee van die EFF en twee van die […]
Vyf Zim-myners nog ondergronds vasgekeer - October 1, 2023
Vier mynwerkers is dood en nog vyf is ondergronds vasgekeer nadat ‘n skag in ‘n Zimbabwiese goudmyn ineengestort het. Die voorval het Vrydag in Chegutu, sowat 120 kilometer wes van die hoofstad Harare, plaasgevind by die Bay Horse-myn. Die mynwerkersfederasie se president Henrietta Rushwaya sê die oorskot van vier myners is reeds gevind maar vyf […]
Wêreldbeker-seges vir Skotland, Fidji, Argentinië - October 1, 2023
Skotland het in Lille amok gemaak en 12 drieë teen Romenië ingeryg om hulle met 84-0 pak te gee. Dit beteken ‘n moontlike uitspeelwedstryd met Ierland in Groep B van die Wêreldbekerkampioenskap. Die Springbokke is die gunstelinge om Tonga vanaand met ‘n bonuspunt te klop en Skotland het dus die maksimum van vyf punte nodig […]
Sensus: Dit sukkel met geslote plaashekke, publiek - October 1, 2023
Die adjunk-statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, Ottilie Mwazi sê daar is uitdagings met die sensus, veral met lede van die publiek wat nie vrae wil beantwoord nie. Volgens Mwazi, is daar veral uitdagings met plaashekke wat gesluit is en lede van die publiek wat nie samewerking gee nie. Dit is moontlik dat die persone nie […]
Meisie, 1, brand dood op Hentiesbaai - October 1, 2023
‘n Een-jarige dogtertjie is op Hentiesbaai dood nadat die huis waarin sy geslaap het aan die brand geslaan het. Die Erongo-polisie sê die voorval het by die Omdel-plotte plaasgevind. Daar word vermoed die familie het ‘n brandende kers in die huis gehad en aan die slaap geraak. ‘n Nadoodse ondersoek is gelas.