Ma wat kinders probeer vermoor lok wyd reaksie uit

Reaksie word ontvang op berigte dat ‘n moeder oor die naweek gepoog het om haar drie kinders te vermoor. Een is gehospitaliseer en teen die volgende oggend, was die moeder – steeds hoog onder die invloed van drank – in aanhouding by die polisie en die ander twee kinders was in veiligheid geplaas. In ‘n […]

Read More

Texas-man dagvaar drie vroue wat sy vrou gehelp het om aborsiepille te bekom

‘n Texas-man het ‘n regsgeding vir onregmatige dood van stapel gestuur waar hy drie vroue daarvan beskuldig dat hulle sy eksvrou gehelp het om aborsiepille te bekom en dus die dood van sy ongebore baba veroorsaak het. Dit is die eerste groot regsuitdagings onder ‘n staatsaborsieverbod sedert die Verenigde State se Hooggeregshof Roe v. Wade […]

Read More

Statebond is hoeksteun van demokrasie

Vandag is Statebond-dag en Namibië herdenk dit ook. Die Britse Hoë Kommissariaat het in die hoofstad ambassadeur van lidlande genooi en die geleentheid is in die Parlementstuine gehou. Die dekaan van die Statebondsending in Namibië en die Hoë Kommissaris van Maleisië, Hishamuddin Ibrahim, het by die geleentheid gepraat.

Read More

Vakbondleier sê werkloosheid is Namibiese tydbom

Werkloosheid is ‘n tydbom in Namibië. Dit is die mening van die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro. Sy aanmerkings kom nadat 2 400 mense opgedaag het vir ‘n handvol poste by ‘n restaurant in Khomasdal in die hoofstad. Muniaro sê werkloosheid is nie ‘n probleem wat homself sal oplos nie en die regering moet stappe neem […]

Read More

Amushelelo einde Mei terug in die hof

Die saak teen die omstrede menseregte- en arbeidsaktivis Michael Amushelelo op Walvisbaai is tot 29 Mei uitgestel. Die saak spruit uit ‘n protesoptrede wat Amushelelo op die kusdorp gereël het na ‘n werker van Shoprite selfmoord gepleeg het. Dinge het handuit geruk en hy is op verskeie klagte, onder meer dat hy die polisie verhinder het om […]

Read More

Afrika-leiers wen Xi geluk met sy oorwinning, maar hy was enigste kandidaat…

Afrika-leiers het die Chinese President Xi Jinping geluk gewens op sy oorwinning van ‘n derde ampstermyn. Xi was die enigste kandidaat wat vir die pos gestaan het. Nigerië se uitgaande President Muhammadu Buhari sê sy land sien uit na voortgesette samewerking met China in telekommunikasie, landbou en infrastruktuur. Gelukwensings het ook vanuit Liberië en Egipte […]

Read More

Arsenal bly bo-aan punteleer

Arsenal het sy vyf-punt voorsprong bo-aan die punteleer van die Engelse Premierliga met ‘n oorwinning van 3-0 teen Fulham behou. Die Gunners het goed reageer op Manchester City se naelskraapse oorwinning Saterdag met indrukwekkende aanvallende spel wat vir drie doele in die eerste helfte gesorg het. Die bestuurder Mikel Arteta was baie in sy skik […]

Read More

DA wil weet oor luukse Prasa-eiendomme

Die DA wil hê die vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, en die Passasierspooragentskap se raad moet voor die Parlement verskyn om antwoorde te verskaf oor die vermeende misbruik van Prasa-eiendom. Prasa het ‘n interne ondersoek na sy voorsitter, Leonard Ramatlakane, gelas nadat hy na bewering met sy gesin in ‘n luukse woning ingetrek het wat aan die […]

Read More

Voertuigverkope: Beste vertoning sedert November ’18

As die jongste voertuigeverkope ‘n aanduiding van ekonomiese herstel is, dat is daar op die oomblik ekonomiese herstel in die land. Daar is 1 103 nuwe voertuie in Februarie vanjaar verkoop teenoor 798 voertuie in Januarie en die 883 eenhede wat in Februarie verlede jaar aangeteken is. Volgens Cirrus, het verkope met amper 25 persent […]

Read More

Kaapstad skep werksgeleenthede in tekstielbedryf

Die Stad Kaapstad vier die afstudering van ‘n groep inwoners van die stad wat programme in Opkomende Leierskapontwikkeling en Spanleier-ontwikkeling voltooi het. Die stad het die programme finansier en jong personeellede van plaaslike vervaardigingsmaatskappye het opleiding in sakebestuur, konflikoplossing en soepel vervaardiging ontvang. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê daar is tans 23 […]

Read More