Voertuigverkope: Beste vertoning sedert November ’18

As die jongste voertuigeverkope ‘n aanduiding van ekonomiese herstel is, dat is daar op die oomblik ekonomiese herstel in die land. Daar is 1 103 nuwe voertuie in Februarie vanjaar verkoop teenoor 798 voertuie in Januarie en die 883 eenhede wat in Februarie verlede jaar aangeteken is. Volgens Cirrus, het verkope met amper 25 persent op ‘n jaargrondslag gegroei en 38,2 persent op ‘n maandgrondslag. Die makelaarsfirma sê die groei is die hoogste sedert Augustus 2022 toe 55,2 persent aangeteken is en is die meeste eenhede wat verkoop is sedert November 2018.