Ma wat kinders probeer vermoor lok wyd reaksie uit

Reaksie word ontvang op berigte dat ‘n moeder oor die naweek gepoog het om haar drie kinders te vermoor. Een is gehospitaliseer en teen die volgende oggend, was die moeder – steeds hoog onder die invloed van drank – in aanhouding by die polisie en die ander twee kinders was in veiligheid geplaas. In ‘n ander geval is ‘n kind, van blykbaar een jaar, opgeneem in ‘n plaaslike hospitaal, erg ondervoed. Die voormalige ombud, advokaat John Walters, sê die nuus is skokkend maar voeg by, alles is al probeer om die tipe gesinsgeweld te verhoed.